Baba & Kleuter

DAG 3 48-72 UUR

-

Jou borste begin nou waarskynli­k vol en warm voel, aangesien jou melk binnekort gaan inkom. As jou kleinding gereeld gevoed het, behoort jy die minimum ongemak te verduur. As jou borste wel pynlik gestu is, sal koue kompresse verligting bring. Melk gerus ’n bietjie uit. Baba sal makliker en dieper vassuig en jy verlaag jou risiko op verstopte melkbuise en mastitis. RAADPLEEG ’N BORSVOEDKO­NSULTANT AS: • jou tepels beskadig en/of pynlik is, • jou baba baie slaperig is, • jou baba aan die bors skree of dit

bly weier, • jou baba te min vuil doeke het, of • jou baba meer as 10 persent van sy geboortege­wig verloor het, hoewel laasgenoem­de nie noodwendig op ’n probleem dui nie. Het jy binneaarse vloeistof tydens die bevalling gekry? Dit kon jou baba se geboortege­wig misleidend verhoog het. Ignoreer hierdie waarskuwin­gsteken gerus as geen van bogenoemde simptome teenwoordi­g is nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa