Baba & Kleuter

Liewe Baba & Kleuter

-

Ongelukkig is daar duisende kleuters in Suid-Afrika wat aan ernstige wanvoeding en ondervoedi­ng ly. Solidarite­it Helpende Hand se Kosblikkie­projek maak al sedert 2009 seker dat kinders ’n gesonde bord kos by die kleutersko­ol kry. Vir baie van die kleuters is dit die enigste kos wat hulle op ’n dag kry.

Die belangrikh­eid van die projek word ná elke langnaweek en vakansie opnuut weer duidelik. Kleuters kom by die skool, rasend honger en in baie gevalle duidelik maerder. In die Desember-vakansie verloor sommige kinders tot 10 persent van hul liggaamsma­ssa. Wat nog meer kommerwekk­end is, is dat dit in ’n kritieke fase van hul ontwikkeli­ng gebeur. Die skokkende syfers uit ’n studie wat Helpende Hand in Desember 2016 begin het, spreek duidelik.

Kleuters in ’n huishoudin­g is die eerste mense wat ly wanneer die huishoudin­g se finansies onder druk kom. Hul voeding is van kardinale belang en ons sien baie gevalle van wanvoeding. Die kleuters toon tekens van swakker breinfunks­ionering en hul haartjies is bros en minder as gevolg van ’n tekort aan kreatien en swak proteïensi­ntese. Hulle kry ook gereeld ooginfeksi­es, sere wat nie gesond wil word nie en hul hart, niere en ingewande funksionee­r nie soos dit moet nie.

Helpende Hand is baie trots op die ondersteun­ers wat maandeliks bydra om seker te maak die projek kan voortgaan. Om bykomende kleuters te voed, het Helpende Hand besluit om weer eens op die publiek se knoppie te druk. Vir so min as R50 per maand kan jy ’n Bord-voog word en help om hierdie kleuters van ’n bord kos te verseker. Om aan te sluit, SMS die woord Bord na 39950 (’n SMS kos R2).

Groete Helpende Hand

 ??  ?? Elke kosblik word met gesonde keuses en ’n verskeiden­heid kossoorte gevul.
Elke kosblik word met gesonde keuses en ’n verskeiden­heid kossoorte gevul.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa