Baba & Kleuter

V& A swangerska­p

- BABA & KLEUTER

DR. J.P. DU BUISSON ANTWOORD:

Ja, dit is waar dat jy swaarder vaginale afskeiding­s kan ondervind terwyl jy swanger is. Dit word veroorsaak deur al die swangerska­pshormone in jou lyf.

Die afskeiding is gewoonlik geel of wit van kleur en die mediese term daarvoor is leukoree. Hierdie afskeiding behoort nie te jeuk of brand nie.

Die volgende kan aanduidend wees van ’n vaginale infeksie: Candida of sproei veroorsaak gewoonlik ’n dikker, wit afskeiding wat meestal jeuk. Bakteriële vaginose sorg vir ’n dunner, amper waterige groen afskeiding wat kan brand en ’n visagtige reuk kan hê.

Albei dié infeksies behoort met medikasie behandel te word; vra gerus jou ginekoloog om die korrekte behandelin­g voor te skryf.

’n Slymerige vaginale afskeiding is ook abnormaal en kan dui op veranderin­ge by die baarmoeder­mond wat tot vroeë kraam kan lei. Dit vind gewoonlik eers ’n bietjie later in die swangerska­p plaas, maar kan teen 16 weke al sigbaar wees en op ’n probleem dui. Ek is 12 weke swanger en het vreeslike afskeiding­s. Wat klassifise­er ’n mens as normaal en wanneer moet ek bekommerd wees?

In hierdie geval is dit belangrik om jou dokter te kontak sodat ’n vaginale sonar uitgevoer kan word om verkorting van die baarmoeder­mond uit te skakel.

Ten laaste is enige bloederige afskeiding abnormaal en daaroor moet jy ook jou ginekoloog kontak.

Daar is toestande soos ektropion of ’n servikale poliep wat nie ernstig is nie, geen gevaar vir jou of jou baba inhou nie en steeds vaginale bloeding tot gevolg kan hê. Jou ginekoloog sal jou meer daaroor vertel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa