Wat is melk­kors?

Daardie skil­fer­ag­ti­ge uit­slag op jou baba se kop is nie skil­fers nie – dit word melk­kors ge­noem en baie ba­bas doen dit op.

Baba & Kleuter - - INHOUD - DEUR LIBBIE JOUBERT

Melk­kors is iets wat ver­al ba­bas op hul kop kry, maar soms kan dit tot drie jaar oud voort­duur. Wan­neer ’n baba se kop­pie sweet, pro­du­seer die piep­klein talg­klier­tjies in die vel ek­stra o­lie (se­bum). Dit kan ’n ve­lin­fek­sie tot ge­volg hê wat melk­kors of se­bor­ree-der­ma­ti­tis ge­noem word.

As jou baba melk­kors het, sal jy heel eer­ste skil­fer­ag­ti­ge vlok­kies op sy kop op­merk. Dit is af­ge­werp­te vel­sel­le en is nor­maal. Som­mi­ge ma’s dink die skil­fers ont­staan om­dat hul­le hul baba se kop nie goed ge­noeg was nie en dan vryf hul­le dit met me­ning – pas­op daar­voor, want dit maak die toe­stand net er­ger!

WAT OM TE VER­WAG

Melk­kors word nie ver­oor­saak deur ver­waar­lo­sing of swak hi­gi­ë­ne nie. As jy droë kol­le op jou baba se kop­vel sien, kan jy net ’n bie­tjie ba­ba­o­lie aan­smeer om dit oor­nag te laat sag word. Bor­sel dit dan be­hoor­lik uit en was jou baba se ha­re die vol­gen­de dag met ’n ma­ti­ge ba­basjam­poe (lees meer oor be­han­de­ling in die kas­sie).

As die kol­le ver­dik, geel word en oor die he­le kop­vel ver­sprei, is ag­gres­sie­wer be­han­de­ling moont­lik no­dig. Praat met ’n ap­te­ker, kli­niek­sus­ter of dok­ter oor ’n melk­korssjam­poe. Dit kan 10 dae of lan­ger duur voor dit op­klaar.

As die melk­kors erns­tig is, sal die uit­slag na die ge­sig, nek en selfs die doek­a­rea ver­sprei. As dit ge­beur, moet jy dok­ter toe gaan en vra dat ’n spe­si­fie­ke room voor­ge­skryf word.

Dié toe­stand moet on­der­skei word van se­bor­ree- ek­seem, waar­van die simp­to­me kol­le en ’n rooi, ont­steek­te vel is. Laas­ge­noem­de kom ge­woon­lik voor op plek­kies waar daar voue is soos die elm­boë en knieë, en het spe­si­fie­ke be­han­de­ling no­dig.

MOETS & MOENIES

• Moe­nie jou baba se ha­re el­ke dag was nie. • Moe­nie seep op jou baba se kop ge­bruik nie – ge­bruik sjam

poe wat spe­si­aal vir ba­bas ge­for­mu­leer is. • Moe­nie die kop­vel met me­ning mas­seer nie; laat die sjam­poe

net sag­kens skuim. • Was ook ver­sig­tig oor jou baba se fon­ta­nel­le. • Maak se­ker jy spoel die sjam­poe be­hoor­lik af. • Bor­sel jou baba se ha­re met ’n sag­te bor­sel om die dooie, skil

fer­ag­ti­ge stuk­kies vel te ver­wy­der. • Die ver­soe­king is groot om die kol­le melk­kors af te trek wan­neer dit begin op­lig, maar weer­hou jou daar­van. Jou na­els kan jou baba se vel seer­maak en mi­kro­sko­pie­se vui­lig­heid op jou vin­ger­pun­te kan ’n ve­lin­fek­sie ver­oor­saak. Laat die vlok­kies van­self af­val. • Ge­bruik al­tyd ba­ba­pro­duk­te vir jou baba se vel. • Ge­bruik hi­po­al­ler­ge­nie­se seep- en geur­vrye pro­duk­te (praat met jou ap­te­ker) vir pas­ge­bo­re­nes of ba­bas met ’n sen­si­tie­we vel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.