JA, DAARDIE EERSTES ...

Daar kom ’n eer­ste keer dat jou kind sy ken oop­val – maar ook ’n eer­ste keer dat hy jou so ont­roer dat jy die tra­ne moet weg­sluk.

Baba & Kleuter - - PA SE STEM -

Ons het se­dert Ben se ge­boor­te al so­veel eerstes be­leef dat ons nie meer weet hoe­veel daar al was nie. Heel­wat daar­van is met ver­loop van tyd in hier­die ru­briek ge­boek­staaf, en die oor­gro­te meer­der­heid is op fo­to’s en vi­deo’s vas­ge­lê en is nou ie­wers (en blyk­baar vei­lig) ge­berg in die cloud van daardie on­peil­ba­re uit­span­sel be­kend as die wê­reld­wye web.

Dié op­na­mes kan se­ker be­skou word as my en Car­la se kol­lek­tie­we, ge­ar­gi­veer­de ge­heue met be­trek­king tot ons seun se­dert sy eer­ste a­sem­teug op 29 Sep­tem­ber 2014 tot waar hy nou is, am­per drie jaar la­ter. Die eerstes hou na­tuur­lik nooit op nie. Nu­wes word by­kans daag­liks by­ge­voeg. En dis nie al­tyd iets wat ’n mens nood­wen­dig wil op­te­ken of af­neem nie. Trou­ens, waar eerstes in die ver­le­de oor­we­gend vir aan­ge­na­me hoog­te­pun­te en her­in­ne­rin­ge ge­sorg het, kry ons dees­dae ook meer­ma­le met die on­aan­ge­na­mes te doen.

Een dood­ge­wo­ne Maan­dag­og­gend biep my sel­foon by­voor­beeld in die mid­del van ’n kan­toor ver­ga­de­ring’ nW ha t sA p p-biep. Ek loer so on­op­sig­te­lik moont­lik on­der die ta­fel na die bood­skap, want ek kén daai biep.

“Ben het op sy ken ge­val,” skryf my vrou. “Hy bloei. Ek het ’n pleis­ter ge­plak. Hy slaap nou.” Als goed en wel, dink ek, met ’n drup­pel­tjie sweet op my bo­lip.

Geen kri­sis nie. My seun­tjie is soms so woe­lig soos daai ad­ver­ten sie­ha­sie met die duur bat­te­ry in sy pens, en ek is eint­lik ver­baas dit het nie al vroe­ër ge­beur nie.

S­kaars 15 mi­nu­te la­ter biep die W­hat­sApp weer.

“Hy is wak­ker. En hy skree. Ek gaan hom hos­pi­taal toe neem.” Dit word on­mid­del­lik ge­volg deur ’n fo­to van Ben met ’n ga­pen­de wond aan sy ken. Ou­kei, dis hoe dit op daardie oom­blik vir my ge­lyk het. Die ver­vlak­ste sel­foon­ka­me­ras is dees­dae so kli­nies en skerp. “Ga­pen­de” en “wond” langs me­kaar klink nou skie­lik bit­ter erg. Dalk was dit na­der aan ’n oop sny­tjie. Ken eer­ste teen die kom­buis se te­ël­vloer was die oor­saak, van pro­beer weg­hard­loop toe sy ma ge­sê het “kom, dis tyd om daai nat doek van jou te ruil”.

’n Uur la­ter daag die fo­to ná die dok­ters­be­soek op: vier ste­ke ver­berg ag­ter ’n pleis­ter wat om­trent sy he­le on­der­kaak be­dek. Die ar­me man­ne­tjie.

Die aand by die huis word daar op­ge­won­de aan my ver­tel hoe die “dog­ter” hom ’n “spy­ting” ge­gee het voor die ste­ke in­ge­sit is. En woerts! Daar hol hy weer lomp maar vrees­loos in die gang af met my werk­skoe­ne aan sy voe­te, ge­klee in sy jac­ket (een van sy ma se truie wat el­ke nou en dan dreig om aan die oor­gro­te skoei­sel was te haak). Hou hart, hou!

Hy het se­dert­dien ook ge­sig eer­ste van sy bed af teen ’n laai­kas ge­val, want “ek die jump-jump ga­me ge­speel, pap­pa”. Vir ’n week ná hier­die eer­ste het hy kom­pleet ge­lyk soos daai ka­rak­ter van P­hantom of the O­pe­ra met die ver­wron­ge ge­sig.

“Ek is bang om hom par­kie toe te neem,” sê Car­la toe die kneus­plek bo sy neus die vol­gen­de dag met ’n knop staan, die kleur van ’n treu­ri­ge re­ën­boog in ’n nog treu­ri­ger kus­dor­pie in die mid­del van die win­ter. “Sê nou maar net een van die an­der mam­mas sien sy ken en sy oog … en die vol­gen­de oom­blik hou Kin­der­wel­syn hier voor ons deur stil? Ek sweer ek kry klaar ske­we ky­ke van men­se. Is ons sleg­te ou­ers? Is ek ’n sleg­te ma?”

Ja, dáái vraag. Want ’n mens kan nie help om te won­der nie. Is ons goeie ou­ers?

Ons oor­laai hom nie met speel­goed nie. Sy kle­re is gro­ten­deels van vrien­de oor­ge­ërf. Hy hoor ge­reeld die woor­de “los dit”, “moe­nie vat nie” en “nee”. Hy volg ’n taam­lik ri­gie­de eet-, bad- en slaap­roe­ti­ne. Sy “skerm­tyd” word be­perk tot 15 mi­nu­te TV of sel­foon el­ke twee­de, soms der­de dag, nooit op sy eie nie. Soet­goed is iets wat net sy ou­mas hom skelm­pies in die kies stop.

Kyk, hy leef al­les­be­hal­we in vrees vir sy ou­ers. Trou­ens, hy is ’n vry­gees­ti­ge klein jap­snoet wat ge­reed staan met ’n teen­ar­gu­ment. “Hier is jou twee gum­mies,” hoor hy el­ke og­gend voor ont­byt wan­neer ek hom sy mul­ti­vi­ta­mien-jel­lie­beer­tjies gee. “Pap­pa, net drie beer­tjies gee. Of one-twothree-four-fi­ve beer­tjies,” tel hy met die vin­ger­tjies op sy een hand.

Of, met die aan­trek­slag: “Wil jy jou car­go pants en jou S­pi­der­man-hemp dra?” Dan dink hy ’n ruk­kie na en ant­woord: “Nie dié nie, mam­ma. Dáái. Ek wil dáái ou­pa­frok­kie en pap­pa-je­ans hê.”

Toe my vrou dus nou die dag hard­op won­der of ons goeie ou­ers is, her­in­ner ek haar aan nog ’n eer­ste wat ons on­langs be­leef het – en se­dert­dien ge­reeld be­leef. El­ke keer as ek dit hoor, voel dit of my keel toe­trek en ek die tra­ne moet weg­sluk.

“Pap­pa, mam­ma!” roep hy die og­gend dou­voor­dag uit sy ka­mer toe ons nog vir vyf mi­nu­te wou lê voor ons dag­ta­ke begin.

“PAP­PA, MAM­MA!” kom dit weer, dié keer har­der, drin­gen­der. Ons staan op en stap na sy ka­mer toe. “Wat is dit, seun­tjie, wat pla?” “Ek lief vir pap­pa, mam­ma.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.