Baba & Kleuter

NAWEEKUITS­TAPPIE: DOEN DIT SO

RONEL MOODIE (37) VAN PRETORIA

-

Ons kon nie wag om met ons nuwe wonderlyfi­e, Elle (3 weke), te gaan spog nie en het besluit om vir die naweek by familie in die Vrystaat te gaan kuier.

My lyf het nog met my baklei omdat ek ná die geboorte te veel rondbeweeg het, maar ek wou graag die kosbare nuwe toevoeging tot ons familie gaan wys.

Die pakkery vir twee kinders was skielik dubbel die werk wat dit vroeër was en ek moes ekstra tyd opsysit om by alles uit te kom. En om alles te probeer onthou ...

Die doeksak was die belangriks­te, want dit moes by my in die motor wees vir die

rit wat min of meer drie uur sou duur. Ek het gesorg dat ek alle benodigdhe­de soos doeke, vogdoekies, my borsvoedku­ssing en die spoegdoek in my sak byderhand het. Ek het ook medisyne, ekstra klere en komberse ingepak wat ek later die naweek wou gebruik.

Ek het oudergewoo­nte ons kleuter, Lara (3), se eie sakkie vol doeke, vogdoekies, ’n waterbeker­tjie en peuselgoed vir die pad gepak.

Dit was wys om twee aparte sakke te pak, want by ons eerste stilhouple­k – die vulstasie – kon my man, Hennie, maklik vir Lara met haar pakkasie badkamer toe neem terwyl ek vir Elle versorg het met haar sak wat by my was. Goeie beplanning het ons nuttig te pas gekom!

 ??  ?? Moodie by Ronel en Hennie Elle (links) en Lara.
Moodie by Ronel en Hennie Elle (links) en Lara.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa