HY WEIER GROWWE KOS­SE

Baba & Kleuter - - ANTWOORDE OP VRAE -

V

My baba weier om kos met ’n growwe teks­tuur te eet. Hy eet glad­de teks­tu­re soos pu­ree en jo­gurt. Hoe stel ek growwe teks­tu­re be­kend? A

ANEL KIRSTEN ANT­WOORD: Dit is baie al­ge­meen! Die ge­heim is om ge­dul­dig te bly en aan te hou om jou baba aan teks­tu­re bloot te stel. Dit duur soms ’n ruk voor ba­bas teks­tuur aan­vaar om­dat hul­le nog nie ge­noeg er­va­ring daar­van het nie en ook nog nie ge­noeg tyd ge­had het om te oe­fen hoe om dit te eet nie.

Help jou baba oe­fen deur ’n ver­skei­den­heid teks­tu­re saam-saam aan hom be­kend te stel, soos fyn­ge­druk­te vrug­te en groen­te saam met ’n glad­de pu­ree.

Ba­bas is ge­woon­lik tus­sen se­we en 10 maan­de ge­reed om grow­wer kos aan te durf. Ge­bruik hier­die ge­leent­heid, aan­ge­sien dit la­te­re fie­mies kan help voor­kom.

Gee jou baba sag­te vin­ger­kos­sies soos sag- ge­kook­te groen­te, vrug­te­stuk­ke, re­pies roos­ter­brood en mi­ni-rys­koe­kies. Jou baba sal dalk meer daar­van hou om self te eet pleks van met ’n le­pel. Moet die kos nie te klein sny nie.

Maak eer­der self kos om­dat dit van na­tu­re meer grof van teks­tuur is.

Hou aan om jou baba aan growwe teks­tu­re bloot te stel. As hy ’n spe­si­fie­ke kos­soort weier, los dit vir ’n paar dae en pro­beer la­ter weer. Jy sal som­mi­ge kos­se tot agt keer moet aan­bied voor baba dit aan­vaar.

Laat hom toe om met sy kos te speel – dit sal hom help om al die teks­tu­re te leer ken.

Sorg ook dat hy nie oor­moeg of reeds ver­sa­dig is wan­neer jy hom aan ’n nu­we teks­tuur be­kend wil stel nie.

Hou in ge­dag­te dat bors- en for­mu­le­melk tot op ne­ge maan­de oud steeds jou baba se hoof­bron van voe­ding­stow­we is. As hy ná sy eer­ste ver­jaar­dag steeds teks­tu­re weier, moet jy liefs pro­fes­si­o­ne­le hulp gaan soek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.