Baba & Kleuter

10 WENKE VIR DAGSLAPIES

-

1 Nes met slaaptyd in die aand, is roetine in die dag ook ’n goeie idee. Dit help jou peuter om veilig te voel en as hy elke dag op ’n spesifieke tyd eet, speel en slaap, is die kans goed dat hy makliker en sonder probleme sal gaan slaap. 2 Probeer sorg dat jou kind nie tot later as drieuur in die middag slaap nie, anders gaan hy in die aand nie moeg wees nie. 3 As jou kind in die kleutersko­ol is, vind uit hoe hul slaaproeti­ne in die dag verloop en pas dieselfde stelsel naweke toe. 4 Wees op die uitkyk vir tekens dat jou kind moeg is en sit hom dan in die bed – al pas dit nie by jou planne in nie. 5 Probeer om jou kind in dieselfde omgewing te laat dut. Moet hom nie een dag in jou bed, die volgende dag in die bababed en die volgende dag weer op ’n ander bed laat slaap nie. Jou kind moet die omgewing met slaap assosieer. 6 Dit is soms gerieflik om jou kind in die karstoeltj­ie of stootwaent­jie te los as hy aan die slaap geraak het, maar volgens die webtuiste webmd.com kan dit baie gevaarlik wees. 7 Wees versigtig om nie te rigied met slaaptydro­etines te wees nie. Jou kind se hele dag moenie om sy dagslapie gebou word nie. 8 As jou kind te lank slaap, kan hy dalk moeilik wees. Die ideaal vir ’n middagslap­ie is volgensweb­md.com 90 minute. 9 Peutertyd gaan vir kinders gewoonlik met allerhande veranderin­ge gepaard. Hy gaan dalk nou kleutersko­ol toe, kry dalk ’n boetie of sussie by of word dalk na sy eie kamer of ’n ander bedjie geskuif. Wees bewus daarvan dat hierdie veranderin­ge ook sy slaappatro­on kan beïnvloed. 10 As jou kind nog met ’n fopspeen, koesterkom­bersie of bottel gaan slaap, moenie alles op een slag begin wegneem en julle albei van kosbare slaap beroof nie. Wees geduldig en begin dit geleidelik uitfaseer. Jou kind kan dalk met die fopspeen gaan slaap en jy kan dit net later uit sy mondjie haal wannneer hy slaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa