SJOE, MAAR JULLE KINDERS IS MOOI!

Baba & Kleuter - - Redakteursbrief -

Dis nou al am­per elf jaar dat ek die re­dak­teur van Ba­ba & K­leu­ter is en ek het al­tyd weg­ge­skram van ’n ba­bakom­pe­ti­sie. Selfs met ons fo­to­blaaie ver­kies ons dat al­mal op die blad iets kry, nie net een ge­sin nie. My ge­voel was dat ons met ’n voor­blad­kom­pe­ti­sie een ma, die ma van die wen­ner, ont­set­tend ge­luk­kig maak; en die res? Maar om­dat ons le­sers vra en vra en vra vir so ’n kom­pe­ti­sie het ons be­sluit om dit tog te doen. En ai, is dit nou p­ret!

Ons het meer as 4 000 in­skry­wings ont­vang. Ek weet dus dat dit soms frus­tre­rend was dat ons nie op el­ke ver­soek vir te­rug­voer kon re­a­geer nie, maar dit was een­vou­dig on­moont­lik. Ons is ’n k­lein span­ne­tjie en het im­mers ’n tyd­skrif om uit te gee!

Die stroom e-pos­se en Fa­ce­book­bood­skap­pe wat dag en nag in­ge­stroom het, het dit be­wys: As daar een ding is wat ons le­sers wil hê, is dit ’n voor­blad­kom­pe­ti­sie.

Baie, baie dan­kie aan al­mal wat deel­ge­neem het. Ek wil ook ver­al dan­kie sê aan die ma’s in ons Fa­ce­book­ge­meen­skap wat ge­help het deur an­der se vrae oor hoe die kom­pe­ti­sie werk te be­ant­woord.

Julle kinders is prag­tig. Ons het ge-oe en ge-aa oor al die oulike ge­sig­gies, maar wat vir my die mooi­ste ge­dag­te was, is dat elk­een van die in­skry­wings spreek van die lief­de wat ’n ma vir haar kind het. Daar is vir ’n ma niks so mooi soos haar eie kind se ge­sig nie. (Dis vir my ook so. Ek glo vas ek het die mooi­ste dog­ters on­der die son.)

Ma’s mag mos maar spog met hul sprui­te, en die bes­te plek daar­voor is tus­sen an­der ma’s wat ver­staan waar die ge­voel van­daan kom en die sen­ti­ment deel.

My op­reg­te dank ook aan die bor­ge wat ons on­der­steun en die wen­ner goed gaan be­derf. Wie die wen­ner is, weet nie­mand nog nie – nie eens ek nie. Gaan kyk ge­rus op bl. 10-13 na ons finaliste. Ek wens elk­een van hul­le kan op die voorblad ver­skyn.

Groe­te tot vol­gen­de maand, Blaai na bl. 10-13 om te sien wie die 24 finaliste in ons voor­blad­ba­bakom­pe­ti­sie is. Die wen­ner ver­skyn op die voorblad van die vol­gen­de uit­ga­we van Ba­ba & K­leu­ter. Wie gaan dit wees?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.