Uit­stap­pies in ABOE DHABI

Die Kuhn-ge­sin woon reeds vir vier jaar op Ree­mei­land in Aboe Dhabi. Al is die so­mers snik­heet, keer dit hul­le nie om heer­li­ke ge­sins­din­ge aan te pak nie, vertel Chris­te­li­ze.

Baba & Kleuter - - Uit Die Buiteland - BA­BA & K­LEU­TER

Vier jaar ge­le­de het ek en my man, T­ho­mas, die ge­leent­heid ge­kry om na Aboe Dhabi in die Ver­e­nig­de Ara­bie­se E­mi­ra­te te ver­huis en hier te kom werk. Ek het ’n pos as En­gels-on­der­wy­se­res vir die re­ge­ring aan­vaar en T­ho­mas is ’n spor­ten mo­to­rie­se be­we­gings­af­rig­ter vir kinders on­der se­we jaar.

Ons het die ge­leent­heid met al­bei han­de aan­ge­gryp aan­ge­sien dit nog al­tyd ons droom was om te reis en die wê­reld te sien, en dié kans sou dit vir ons moont­lik maak! Ons het ook uit­ge­sien na die nu­we uit­da­gings.

Ons het be­sluit dat ons ’n jaar of twee wil wag voor ons kinders kry so­dat ons ’n bie­tjie kon gaan reis. Ons het na ver­skeie lan­de ge­reis soos T­hai­land, Tur­kye, Ka­tar en die Fi­lip­py­ne. Ons va­kan­sies was meest­al regte rug­sak-va­kan­sies met baie a­von­tuur, see, stran­de en lek­ker kui­er saam met die plaas­li­ke men­se.

Ná so­wat twee en ’n half jaar in Aboe Dhabi en 18 maan­de van pro­beer, het ons uit­ein­de­lik s­wan­ger ge­raak. Dit was ’n baie groot ver­ras­sing toe ons dit op een van ons rei­se na Pa­rys en S­pan­je uit­vind.

Ek was ge­luk­kig en het ’n goeie swangerskap ge­had met geen groot kom­pli­ka­sies nie, net ’n bie­tjie sooi­brand. Ons het ’n goeie me­die­se fonds en van die bes­te dok­ters in die wê­reld werk hier in Aboe Dhabi. Ons seun­tjie, T­ri­stan, het ons lewe kom ver­an­der.

Met T­ri­stan se ge­boor­te het ek net 45 dae kraam­ver­lof ge­kry. Die re­ge­ring het dit wel on­langs met drie maan­de ver­leng – hier­die wet het in wer­king ge­tree net 15 dae na­dat my kraam­ver­lof ver­by was!

Ek en T­ho­mas was al­leen met T­ri­stan se ge­boor­te om­dat om­stan­dig­he­de ons ou­ers ge­keer het om hier te wees. Die eer­ste paar we­ke was moei­lik! Ons het nie­mand na­by ge­had om ons te help nie, en ek moet sê dat jy in sul­ke om­stan­dig­he­de ’n an­der kant van jou­self leer ken.

Ek dink nie ek was al ooit te­ge­lyk só moeg en só bang, maar tog ook só ge­luk­kig nie. Ek en T­ho­mas moes saam­staan en al­les was ’n span­po­ging. T­ho­mas het vir niks te­rug­ge­deins nie en was met el­ke aand­voe­ding saam met my en met el­ke bad aan my sy. Ons het ook won­der­li­ke vrien­de ge­had wat kos aan­ge­dra het, wat na­tuur­lik van groot hulp was.

Na­ma­te my kraam­ver­lof ein­de toe ge­staan het, moes ons be­sluit wie na T­ri­stan sou om­sien wan­neer ons werk. Ons moes be­sluit of ons ’n oppasser sou aan­stel of vir T­ri­stan dag­sorg toe sou stuur. Al­bei is on­ge­loof­lik duur.

Ons het ein­de­lik op dag­sorg be­sluit om­dat ons ge­dink het dat dit die bes­te op­sie vir T­ri­stan is. Die dag­sorg wat ons ge­kies het, bied taal­klas­se in Ara­bies en Frans aan en daar word ook ba­ba­mas­se­rings- en sport­klas­se ge­gee. Jy ont­vang ook el­ke dag ’n ver­slag van die dag se ge­beu­re soos die aan­tal doe­ke wat ge­ruil is en hoe laat jou ba­ba ge­slaap en ge­drink het.

T­ri­stan is toe as baie k­lein ba­ba dag­sorg toe. Hy is van­dag ’n regte be­si­ge ly­fie en is gek oor sy maat­jies!

Ons ge­sin is baie lief vir die bui­te­le­we, ver­al vir die s­trand en see. On­ge­luk­kig is dit meer as helf­te van die jaar hier in die woes­tyn net te warm om bui­te met kinders te wees. In tem­pe­ra­tu­re van so­wat 50 gra­de Cel­si­us moet ’n mens in­no­ve­rend raak om jou klein­goed be­sig te hou.

Win­ter is heer­lik! Die tem­pe­ra­tuur is tus­sen 22 en 34 gra­de Cel­si­us en dis dan die i­de­a­le tyd om bui­te te wees. Ons gaan dan graag met T­ri­stan s­trand of swem­bad toe, want hy is mal oor wa­ter!

Ons woon­stel­ge­bou het heer­lik ge­rie­we, soos ’n pri­vaat s­trand en swem­bad­dens. T­ho­mas kan ook na­tuur­lik nie wag om T­ri­stan in die veld­voer­tuig saam op ’n woes­tyn­rit en -kamp te neem nie.

Een van die groot­ste voor­de­le hier is na­tuur­lik die vei­lig­heid. Ons gaan stap e­ni­ge tyd van die dag of nag met T­ri­stan. Hy word vin­nig ver­veeld in die huis en is dus mal oor sy uit­stap­pies.

Ons gaan stap en s­peel ge­reeld in die par­ke wat laat­mid­dae vol kinders is. Baie men­se kry op­pas­sers om na hul kinders om te sien so­dat hul­le na­we­ke kan laat slaap of ’n bie­tjie kan uit­gaan, maar ons ver­kies dit om eer­der tyd saam met T­ri­stan deur te bring of hom saam te neem wan­neer ons uit­gaan.

Dit is juis om dié re­de dat ons reeds se­we­uur op ’n na­week­og­gend by S­tar­bucks staan om kof­fie te kry!

Ons braai en kui­er graag met ons vrien­de by ons on­der­skeie woon­stel­le of vil­las. Uit­gaan en uit­eet is on­ge­loof­lik duur, dus ver­kies ons dit om soos in Suid-A­fri­ka eer­der by­me­kaar te kui­er.

T­ho­mas (37), T­ri­stan (11 maan­de) en Chris­te­li­ze (32) Kuhn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.