Voet­jies wat verskil

Hul dog­ter se voet­af­wy­king was aan­vank­lik ’n skok, maar Car­men van De­ven­ter (30) van Kroon­stad deel nou graag hul ver­haal ...

Baba & Kleuter - - Ware Verhaal - DEUR SHANDA LUYT

Op 20 we­ke slaap k­lein Mie­ke van De­ven­ter deur en is sy ma Car­men en pa Ger­rit se ab­so­lu­te trots. Car­men vertel sy lag tog te graag en is op haar ou­lik­ste in die og­gen­de voor werk wan­neer sy lek­ker ge­sels en al­ler­han­de ge­luid­jies maak. Maar Mie­ke se lewe tot dus­ver was nie net mak­lik nie ...

’N ONWELKOME VER­RAS­SING

Met Mie­ke se ge­boor­te was Car­men aan­vank­lik te­leur­ge­steld om­dat sy nie nor­maal kon kraam nie en ’n kei­ser­snee moes kry, maar min het sy ge­weet wat nog wag.

“Ons het nooit e­nig­iets ver­dags op die so­nar raak­ge­sien nie. Dis eers met die ge­boor­te dat ons uit­ge­vind het sy het klomp­voet­jies. My man het in die te­a­ter vir my ge­sê Mie­ke se voet­jies lyk snaaks. Die dok­ter het die di­ag­no­se be­aam, maar ek was baie deur­me­kaar. Ek het nie ge­weet wat ’n klomp­voet­jie is nie. Ek gig­gel nou nog par­ty­keer daar­oor, want ek het aan­vank­lik ge­dink Mie­ke het dalk meer as twee voe­te. Ek het haar voet­jies die eer­ste keer werk­lik ge­sien toe ek self kon op­staan om haar doek te ruil.”

Mie­ke is die Don­der­dag ge­bo­re, maar Car­men sê die di­ag­no­se het haar eers die Son­dag ge­vang.

“Ek spot nou en sê ek het nooit ba­by blu­es ge­had nie; ek het net ge­huil oor my kind se voe­te. Ger­rit was van die be­gin af baie rus­tig en kalm. Hy het baie na­vor­sing ge­doen en was baie po­si­tief, maar was on­se­ker oor die pad vo­ren­toe.

“Die dok­ter wat by my be­val­ling was, het ge­sê hy het te min ken­nis van klomp­voet­jies en kan nie reg­tig sê wat ons kan ver­wag nie, be­hal­we dat dit met die regte be­han­de­ling reg­ge­stel kan word.

“Hy het da­de­lik ’n or­to­pe­dis hier van Kroon­stad hos­pi­taal toe laat kom om te kom kyk en ’n ver­wy­sing ge­gee na ’n pe­di­a­trie­se or­to­pe­dis in Bloem­fon­tein.”

Die or­to­pe­dis het kort­liks ver­dui­de­lik wat vol­gen­de wag. Vol­gens hom kon na­vor­sing nog nie vas­stel wat pre­sies die oor­saak van klomp­voe­te is nie, maar hy het ver­moed Car­men se baar­moe­der was te k­lein vir Mie­ke en dat sy be­perk­te ruim­te ge­had het om in te be­weeg.

Al­bei Mie­ke se voet­jies was aan­ge­tas, die een meer as die an­der. Die Bloem­fon­tein­se or­to­pe­dis, dr. Ko­bus S­mit, het da­de­lik die Pon­se­ti-me­to­de aan­be­veel. Dit be­hels die her­haal­de­li­ke spal­king wat die voet­jies ál meer in die regte po­si­sie draai.

“Ons moes tot 10 dae ná Mie­ke se ge­boor­te wag voor ons daar­mee kon be­gin. Haar voet­jies sou ge­lei­de­lik met ál meer gra­de na bui­te ge­draai word met die hulp van gips. Oor ’n tyd­perk van agt we­ke moes ons el­ke dag Bloem­fon­tein toe ry om die gips te laat ruil.”

Car­men vertel hul­le het aan­vank­lik nie ge­weet hoe moei­lik dit sou wees om die gips te ver­wy­der nie. “Ná die eer­ste af­haal­pro­ses het ons ag­ter­ge­kom dat wan­neer die gips in lou wa­ter ge­week word, dit bin­ne so­wat vyf mi­nu­te sag word. Daar­na word dit soos ’n ver­band af­ge­draai. Dit was om­trent ’n ge­mors!”

Maar die goeie nuus was dat hul­le ná die eer­ste gips­ses­sie al ’n verskil kon sien. “Die vor­de­ring was on­ge­loof­lik.”

Ná die eer­ste agt we­ke moes Mie­ke se hak­se­nings in ’n o­pe­ra­sie los­ge­sny word.

“Ek en Ger­rit was al­bei baie ge­span­ne en on­se­ker. Vrae het deur my kop ge­maal. Ons was al­bei in die te­a­ter. Ek het ’n knop in my keel ge­had en sal nooit die ge­luid ver­geet toe die dok­ter die en­kel­tjies sny nie. Sy het ver­skrik­lik ge­huil. Die dok­ter het heel­tyd ge­sê sy huil nie om­dat sy seer het nie, maar oor die on­ge­mak. Mie­ke moes op haar ma­gie lê en ek moes haar bou­de plat teen die bed druk. My man het haar met ’n fop­pie pro­beer troos.”

Na­dat die sny­wond ge­nees het, moes Mie­ke nog twee we­ke lank gips dra. Daar­na is sy met spe­si­a­le skoen­tjies toe­ge­rus.

“Sy dra die skoen­tjies nou el­ke dag 23 uur lank en na­ma­te die voe­te ver­be­ter en sy ou­er word, sal sy dit be­dags meer dik­wels kan uit­trek. Sy ba­klei nog­al teen die skoen­tjies: Sy skop en spar­tel op haar bes­te as rus­tyd ver­by is! Ek pro­beer maar om die skoen­tjies aan te t­rek ter­wyl sy slaap.”

Al twee Mie­ke se voe­te lyk nou nor­maal, sê Car­men. “’n Mens sou nooit kon raai dat daar iets fout was nie. Die dok­ters hét ge­sê haar voe­te sou 100 per­sent reg­kom, maar in daar­die sta­di­um dink jy as ou­er dis on­her­stel­baar. Jy wil met el­ke gips­rui­ling moed ver­loor om­dat jy dink dis vir haar seer en on­ge­mak­lik. So­dra ’n mens na die skoe­ne oor­ska­kel, word dit baie meer han­teer­baar.”

’N UITDAGENDE PAD

Die be­han­de­ling en gips was vir haar en haar fa­mi­lie baie meer trau­ma­ties as vir Mie­ke, vertel Car­men.

“Met die eer­ste twee gips­rui­lings het sy wel vrees­lik ge­huil. Dis baie ont­stel­lend om jou kind so te sien. Ek het langs daar­die bed­jie ge­staan en net tra­ne ge­sluk. Ek het al­tyd pro­beer om sterk te wees en nie voor Mie­ke te huil nie.

“Ná el­ke gips­rui­ling het ons al­tyd ge­sorg dat haar voe­ding reg­staan: Dit was vir haar ’n groot troos. Vir min­stens twee dae daar­na was sy maar moei­lik en ons was te bang om vir haar pyn­stroop te gee om­dat sy nog so k­lein was. Die gips word styf om haar be­ne ge­draai om te keer dat haar voe­te in die gips los­kom en om die gra­de waar­teen dit ge­draai is, te behou. Na­ma­te die week aan­gaan, het dit haar bo­be­ne baie ge­druk en ge­pla.”

Nog ’n uitdaging was dat hul­le el­ke keer lank moes wag voor die gips droog was.

“Dit duur so­wat 12 uur voor die gips droog is, af­han­gend van die weer. Mie­ke se gips is in die hart­jie van die win­ter aan­ge­bring. Ons kon die or­to­pe­dis met el­ke af­spraak eers vier­uur die mid­dag sien, en die aan­de was dus baie lank en koud en die gips wou nie droog word nie. Ek het la­ter ge­leer om dan nie vir haar ’n broe­kie of rek­pak­kie aan te t­rek nie: Ek het van my wol­slaap­kou­se oor die gips ge­trek en dit net kort-kort om­ge­ruil met droë kou­se, wat baie ge­help het.”

Daar was ook fi­nan­si­ë­le uit­da­gings, want hul­le was van net Ger­rit se in­kom­ste af­hank­lik, vertel Car­men.

“Ek is ’n haar­kap­ster en as ek nie werk nie, is daar nie geld nie. El­ke week was dit brand­stof van Kroon­stad na Bloem­fon­tein en te­rug, R500 vir el­ke gips­af­spraak en dan het ons self die gips en ver­ban­de ge­koop so­dat hul­le dit net kon aan­bring. Maar met baie ge­be­de en won­der­li­ke vrien­de, fa­mi­lie en werk­ge­wers was daar al­tyd ie­mand wat ons met brand­stof ge­help het of met die be­ta­ling van die gips.

“Ons huur haar skoen­tjies teen R650 by S­teps SA, ’n steun­groep vir kinders met klomp­voet­jies. Wan­neer dit te k­lein word, be­stel ons nu­wes teen die­self­de prys. Die spalk wat die skoen­tjies 60 gra­de uit­me­kaar hou was ’n een­ma­li­ge R1 200 en kan ver­stel word na­ma­te sy ou­er word.”

SPYT EN SKULDGEVOELENS

Dit was vir haar aan­vank­lik baie moei­lik om te aan­vaar dat Mie­ke klomp­voet­jies het, er­ken Car­men.

“Ek het my daar­oor ver­wyt. Nie­mand in ons fa­mi­lie het ge­weet wat dit is of wat sou voor­lê nie. My ma en skoon­ma het saam met my ge­huil. Ger­rit was die sterk een wat ge­dul­dig was en ge­troos het. Hy het die na­vor­sing ge­doen en die vrae ge­vra. Hy het my staan­de ge­hou.”

Sy kan nou vir die eer­ste keer ge­mak­lik oor Mie­ke se voet­jies praat, sê Car­men.

“’n Ma kan nie help om te dink dat sy iets ge­doen het om dit te ver­oor­saak nie. Ek het Mie­ke baie weg­ge­steek en wou nooit ge­had het ie­mand moet haar sien of op­tel nie, want dan raak hul­le be­wus van die gips en ek was al­tyd ver­sig­tig dat ie­mand haar ver­keerd sou vas­hou en dan sou seer­maak.

“Ek is van­dag spyt daar­oor, want die mees­te fo­to’s wat ek van haar het is net van haar ge­sig­gie, om­dat ek skaam was vir haar en skul­dig ge­voel het. Ek het dit aan­vaar die dag toe ek be­sef het dis nie my skuld nie: Sy is ’n ge­son­de ba­ba en ons kan haar help en haar voet­jies reg­stel.”

DIE TOEKOMSPAADJIE

Die or­to­pe­dis is baie te­vre­de met Mie­ke se vor­de­ring.

“Ek en Ger­rit moet net baie streng wees oor die dra van haar skoen­tjies en ek moet haar voet­jies el­ke dag mas­seer so­dat hul­le nie styf word en terugdraai nie.

“Ek is dank­baar dat ons deur­ge­druk het. ’n Dok­ter wat ons or­to­pe­dis ge­help het, het ge­vra ons moet as­se­blief net aan­hou, want baie ou­ers kry hul ba­ba so jam­mer dat hul­le tou op­gooi. Ek kan van­dag sê dit was nie mak­lik nie, maar as ons nie deur­ge­druk het nie, sou sy la­ter dalk o­pe­ra­sie ná o­pe­ra­sie moes deur­maak wat baie er­ger sou wees.

“Ek is baie po­si­tief en op­ge­won­de oor wat vir ons voor­lê. Mie­ke is baie be­wus van haar voe­te en haar skoe­ne. Sy s­peel kort-kort met haar voe­te deur haar be­ne op te lig en heen en weer te swaai. En sy word vrees­lik op­ge­won­de wan­neer haar skoe­ne uit­ge­trek gaan word.

“Ek glo sy is heel­te­mal ge­nees en dat haar voe­te haar nie gaan keer om te leer loop of haar lewe te ge­niet nie. Sy gaan blom en pres­teer, haar bes­te gee in al­les, soos sy reeds doen. Sy was van die be­gin af ’n veg­ter. Ek be­sef el­ke dag hoe leeg ons lewe was voor sy ge­bo­re is.”

In­tus­sen maak Car­men werk daar­van om hul sto­rie te deel ten ein­de gro­ter be­wust­heid oor klomp­voet­jies te kweek.

“Baie min men­se weet daar­van, maar hoe meer ek in my werk met kli­ën­te ge­sels, hoe meer kom ek ag­ter dat tal­le men­se ie­mand ken wat ook die­self­de moes deur­maak ...”

ADRESBOEK

Gaan na s­teps.org.za of bel S­teps SA by (021) 462 7357.

Pa Ger­rit, k­lein Mie­ke (5 maan­de) en Car­men De­ven­ter. Mie­ke dra van haar spe­si­a­le skoen­tjies, deur ’n spal­kie uit­me­kaar wat ge­hou word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.