WYS VIR ONS

Baba & Kleuter - - Jou Partyjie -

As jy wil hê jou kin­der- of ooie­vaars­par­ty­tjie moet op hier­die blad ver­skyn, stuur ge­rus ’n e- pos met fo­to’s van ’n goeie ge­hal­te en ’n kort be­skry­wing van die par­ty­tjie na yolandi@ba­ba­en­kleu­ter.co. za.

Pa Jas­per, E­zal­le en Lien­ka.

Ou­ma Li­zel­le de Bruyn het dié koe­kies met die vrien­de­li­ke ge­sig­gies en sag­te kleu­re ge­prak­seer. E­zal­le sê haar ma is baie kre­a­tief en sy maak se­dert Lien­ka se ge­boor­te vir el­ke spe­si­a­le ge­leent­heid iets.

E­zal­le se vrien­din en kol­le­ga Nadia Wig­get van C­re­a­ti­ve He­roes het met die skryf­be­hoef­tes ge­help. Sy maak vir el­ke ver­jaar­dag van Lien­ka ’n bord met in­lig­ting oor haar le­wens­jaar wat ver­by is. Dit sluit in haar ge­wig, leng­te, die din­ge waar­van sy hou en wat sy al kan doen.

Lien­ka het die fo­to­ses­sie, die koek en lek­kers die mees­te ge­niet, as­ook die feit dat sy een he­le dag net vir haar­self ge­had het, vertel ma E­zal­le.

Die par­ty­tjie­pak­kies was bok­sies van die O­rien­tal Pla­za wat met lint, ’n suig­stok­kie en ’n kaart­jie met el­ke maat­jie se naam op ver­sier is. Om­dat daar so baie lek­ker­goed op die ta­fel was, was die bok­sies se in­houd gesonder: ’n kaas­sky­fie, dro­ë­vrug­te, vars drui­we en ’n sap­pie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.