P­RET in die BAD

Bad­tyd kan meer wees as om net jou ba­ba se ly­fie te laat blink – jy kan sorg dat dit ’n ple­sie­ri­ge leer- en bin­dings­tyd word wat julle al­bei ge­niet.

Baba & Kleuter - - Dossier Versorg Jou Baba -

Bad­tyd is troe­tel­tyd en die lief­de­vol­le aan­ra­king wat hier ge­skied, is vir jou ba­ba baie sti­mu­le­rend. Sy leer haar omgewing deur mid­del van haar he­le ly­fie ken en al die sen­sa­sies van ’n bad is goed vir haar sin­tuie. Soen haar en sing vir haar – dit sal vir haar heer­lik wees. Die po­si­tie­we as­so­si­a­sies wat dit met bad­tyd skep, sal be­te­ken dat sy al­tyd uit­sien na dié spe­si­a­le tyd van die dag.

SPRING SAAM IN

Spring self in en bad saam. Vir ’n k­lein ba­ba­tjie sal hier­die in­tie­me oom­blik en vel­teen-vel-kon­tak won­der­lik wees. Hou haar op jou skoot vas en kom­bi­neer bad­tyd met ’n mas­se­ring.

Saam bad sal ook vir jou ou­er ba­ba groot p­ret wees en haar soos ’n groot kind laat voel, ver­al as sy lek­ker ste­wig tus­sen jou be­ne sit en jou in die oë kan kyk.

LEER VAN KLEUR

Koop bad­pro­duk­te wat die wa­ter kleur om jou ba­ba aan ver­skil­len­de kleu­re bloot te stel. Peu­ters kan la­ter self kies in wat­ter kleur hul­le wil bad, of julle kan die dag van die week aan ’n kleur kop­pel.

LEER DIE ABC

Hoe­wel jou ba­ba nog veels te jonk vir die ABC is, kan spons­bad­let­ters lek­ker speel­goed wees. Dié bon­ki­ge let­ters – wat ook by die mees­te ba­ba­speel­goed­win­kels te koop is – is net reg om deur daai vet vin­ger­tjies vas­ge­vat te word en sal ook sy fyn mo­to­rie­se ont­wik­ke­ling aan­help.

SWEMSPELETJIES

Jy kan jou ba­ba van so jonk as drie maan­de in die bad laat “swem”. Laat hom “rug­slag” swem deur sy kop en boud­jies te on­der­steun of hou jou hand on­der sy ken en ma­gie en laat hom heen en weer in die bad be­weeg. Dié ak­sies sal sy mo­to­rie­se ont­wik­ke­ling aan­help ter­wyl die rus­ti­ge gesjoesj van die wa­ter hom sal kal­meer. Jy kan jou ba­ba ook in en uit die wa­ter lig, maar hou in ge­dag­te dat hy sal bib­ber as hy lan­ger bui­te as in die wa­ter is.

BRING ’N BEKER

S­pan ’n ou kom­buis­be­ker – plas­tiek of e­mal­je – in en ge­bruik dit om wa­ter te skep en weer uit te giet. Jou ba­ba sal sy eie bad­wa­ter­val baie ge­niet. Hou sy han­de on­der die lo­pen­de wa­ter so­dat hy dit kan voel, of giet die wa­ter oor sy ma­gie. Hy sal hou van dié sen­sa­sies wat sy tas­sin sti­mu­leer.

Hy sal la­ter self met die beker wil skink. Dís weer ’n uit­ste­ken­de oe­fe­ning wat sy skou­er­spie­re ontwikkel. Hou die beker eg­ter k­lein en lig so­dat hy dit mak­lik kan han­teer.

Nog ’n bad­speel­ding uit die kom­buis is ’n sif. Jou ba­ba sal baie daar­van hou om te ont­dek hoe wa­ter deur ’n sif sy­pel.

SKUIM EN SEEPBELLE

Hou bad­skuim in jou han­de en blaas dit in sy ge­sig­gie of bring seepbelle bad toe en blaas dit op sy oog­hoog­te. Aan­vank­lik sal hy die seepbelle net dop­hou tot dit in die niet ver­dwyn, wat daar­die oog­spier­tjies lek­ker sal laat werk. La­ter sal hy die seepbelle wil vang en só sy arm­spie­re be­hoor­lik rek en strek.

Bad­skuim wat lek­ker ruik, soos la­ven­tel- of ka­mil­le­pro­duk­te, sal sy reuk­sin help ontwikkel en hom kal­meer.

Bad­speel­goed kan ook in die skuim weg­krui­per­tjie s­peel – steek vir Pe­trus Pad­da of Mam­ma Eend in die skuim weg en vra jou ba­ba om hul­le te soek. Dít help hom om ’n sin vir voor­werp­per­ma­nen­sie te ont­wik- kel. Hier­die spe­le­tjie is ge­pas teen so ne­ge maan­de oud, want dis eers dan dat ba­ba be­gin ver­staan dat goed bui­te sy ge­sigs­veld wel be­staan.

Ont­hou, ’n ba­ba se vel is an­ders as ’n vol­was­se­ne s’n, want dit is nog aan die ontwikkel. Jou ba­ba se vel is dun­ner, ver­vaar­dig self bit­ter wei­nig se­bum (was­ag­ti­ge stof) en die be­sker­men­de suur­man­tel moet ook nog ontwikkel. Kies dus spe­si­a­le ba­ba­vel­sorg­pro­duk­te wat ge­maak is om die bes­te ver­sor­ging te bied vir ’n ba­ba se dun, de­li­ka­te vel.

BAD SAAM MET ’N EENDGESIN

Jou ba­ba sal daar­van hou om bad­speel­goed dop te hou wat weg­dryf en weer na­der dryf. Dít help om sy oog­spie­re te ontwikkel. Jy kan ook die eend­jies ge­bruik om ’n lied­jie soos “Eend­jies Eend­jies Stap in ’n Ry” te de­mon­streer.

Ge­teks­tu­reer­de plas­tiek­bad­speel­goed soos glad­de een­de­ly­fies, glib­be­ri­ge see­kat­te en ste­kel­ri­ge vis­se sal ook sy tas­sin sti­mu­leer.

La­ter kan jy be­lang­ri­ke be­grip­pe soos swaar en lig de­mon­streer met se­ke­re speel­goed wat sink en an­der wat dryf. Of maak die in­ge­ni­eur in hom wak­ker met ’n wa­ter­wiel.

KWEEK ’N BOEKWURM

Plas­tiek­bad­boe­kies is vol­op en groot p­ret vir babas. So leer hul­le nie net om lief te word vir boe­ke nie, maar kon­sen­treer ook ’n bie­tjie in ’n kal­me­ren­de omgewing. Ont­hou eg­ter om hier­die boe­kies al­tyd ná bad­tyd af te droog om te keer dat dit muf word.

BAD- GRAFFITI

Met kleur­ry­ke bad­kry­te, wat taam­lik al­ge­meen by ba­ba­speel­goed­win­kels be­skik­baar is, kan jou ba­ba op die bad­ran­de of op sy ly­fie te­ken. Jy kan ook self met die kryt te­ken en vertel. Die kryt was mak­lik af. As jy te­ken, sti­mu­leer jy sy ge­sig­sin­tuig en as hy te­ken, is dit sy fyn mo­to­rie­se ont­wik­ke­ling wat ’n hup­stoot kry.

DIEPSEEDUIKERTJIE

’n Ou duik­bril is ’n lek­ker bad­speel­ding vir ou­er babas. As jy ’n paar keer vir hom ge­wys het waar ’n duik­bril hoort, sal hy gou leer om self die bril voor sy oë te hou. S­kaf ’n paar plas­tiek­vis­sies aan vir die bo­dem van die bad (see­dier­plak­kers op die bo­dem sal ook werk) so­dat hy hom oop-oë kan

ver­won­der aan die on­der­wa­ter­wê­reld. Só sti­mu­leer jy sy ge­sig­sin­tuig.

EK WIL SELF

Koop vir jou ba­ba sy eie spons of was­lap waar­mee hy hom self kan was. Pro­beer om ver­skil­len­de teks­tu­re te koop, want dis goed vir die ont­wik­ke­ling van sy tas­sin. Moe­nie deeg­li­ke was­werk ver­wag nie – ge­bruik dié ge­leent­heid eer­der om hom te leer van sy nek­kie, arms, elm­boë, ma­gie, be­ne, voe­te en to­ne. Vra hom om die ver­skil­len­de lig­gaams­de­le self te was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.