SEER BOUD­JIES

Wens jy daar’s ’n to­wer­mid­del wat brand­boud­jies oor­nag ge­sond laat word? Volg hier­die raad om dit te voor­kom en ge­nees.

Baba & Kleuter - - Dossier Versorg Jou Baba -

WAT IS DIT?

Brand­boud­jies is ’n rooi vel­uit­slag om die ge­slags­de­le en boud­jies van jou ba­ba. Soms is dit net ’n ef­fen­se rooi­e­rig­heid, an­der ke­re kan dit ’n vol­skaal­se ont­ste­king wees. Brand­boud­jies ont­staan as die vel ge­ïr­ri­teer word en kan om­sit in ’n bak­te­rie­se in­fek­sie as dit nie be­han­del word nie. Sproei of ’n swamin­fek­sie is ook ’n moont­li­ke oor­saak.

HOE MAAK JY DAN SEER BOUD­JIES SKOON?

As jou ba­ba se boud­jies baie rou is, kan dit help om sy boud­jies drie keer per dag in lou­warm wa­ter te was. Jy kan ’n bie­tjie koek­so­da by die wa­ter voeg.

HOE­KOM KRY MY BA­BA DIT?

Dit word ver­oor­saak deur nat­tig­heid of vuil­heid in ba­ba se doek – die nat, be­dom­pi­ge omgewing is die i­de­a­le plek vir die ont­wik­ke­ling van swamin­fek­sies. Die am­mo­ni­ak in die u­ri­ne ir­ri­teer ba­ba se vel en breek die be­sker­men­de la­gie op die vel af, so­dat dit rooi en ont­steek raak. Dit stel jou ba­ba bloot aan ver­de­re in­fek­sie.

As jou ba­ba se doe­ke dus nie ge­reeld ge­ruil word nie, kan jy by­na ver­se­ker weet sy sal die een of an­der tyd brand­boud­jies kry. E­ni­ge ir­ri­ta­sie van die vel – die che­mi­ka­lieë in af­veel­ap­pies of doe­ke, of die geur­mid­dels in ba­ba­ro­me of -seep – kan ook by­dra tot lui­er­uit­slag. Di­ar­ree of te veel suur is ook son­daars.

As ba­ba an­ti­bi­o­ti­ka moet drink, kan dit by­dra tot lui­er­uit­slag as ge­volg van ’n swamin­fek­sie. Soms is dit ook die ge­volg van die oor­drag van sproei ( can­di­da) van­af die ver­sor­ger.

HOE BE­HAN­DEL EK DIT?

• Haal jou ba­ba se doek af en laat haar ’n ruk lank sonder haar doek lê – vars lug is ’n uit­ste­ken­de ge­ne­ser!

• Hou aan om haar doe­ke so ge­reeld moont­lik te ruil.

• Ge­bruik wat­te en wa­ter om ba­ba se boud­jies te rei­nig.

• Oor­weeg dit om ’n doek met ’n an­der han­dels­naam te be­proef – som­mi­ge doe­ke ak­kor­deer nie met se­ke­re babas nie.

• Koop ’n goeie brand­boud­jie­room. Vra jou pe­dia­ter of ap­te­ker.

• As jou ba­ba se seer boud­jies nie bin­ne ’n dag of twee op be­han­de­ling re­a­geer nie, het sy waar­skyn­lik ’n swamin­fek­sie soos sproei. Soek wit kol­le in haar mond wat rooi word wan­neer jy dit af­vee. Swamin­fek­sies kan met die hulp van jou ap­te­ker aan­ge­durf word – oor­weeg teen­swam- pro­duk­te. •

As jou ba­ba ’n bak­te­rie­se in­fek­sie het, kan jou dok­ter an­ti­bi­o­ti­ka voor­skryf.

HOE KEER EK DIT?

• Ruil jou ba­ba se doek ge­reeld om (da­de­lik ná ’n poef­ses­sie) en was sy boud­jies met el­ke doek­rui­ling.

• Smeer met el­ke doek­rui­ling ’n skerm­room aan, maar maak se­ker sy boud­jies is goed droog voor jy dit aan­wend. Dis ook be­lang­rik om te on­der­skei tus­sen ’n skerm­room, wat ’n ek­stra be­sker­men­de la­gie oor ba­ba se vel vorm, en brand­boud­jie­ro­me, wat op die be­han­de­ling van brand­boud­jies ge­mik is.

• Moe­nie jou ba­ba se doe­ke te styf vas­maak nie so­dat daar ge­noeg lug kan sir­ku­leer.

• Ver­my af­veel­ap­pies of ro­me wat ge­geur is om moont­li­ke ve­lir­ri­ta­sie te voor­kom.

• Laat jou ba­ba ge­reeld vir ’n ruk­kie sonder sy doek lê. • As jou ba­ba di­ar­ree het, tref ek­stra voor­sorg met ’n dik skerm­room wat sin­kok­sied be­vat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.