ONS FACEBOOKMA’S VERTEL ...

Baba & Kleuter - - Praat Saam -

Wat is die snaaks­ste ding wat jou k­leu­ter on­langs ge­sê het?

HELENA LEENTJIE SHANNON VAN P­RE­TO­RIA

Toe ek per on­ge­luk Lia (2) se kop stamp, sê sy: “Jy moet fo­kus, mam­ma.”

NADIA EIGELAAR PIETERSE VAN BOKSBURG

Ek vra Ke­an ( 7) hoe sy bord lyk, want hy eet baie sleg. Ke­an sê: “Nie goed nie, mam­ma.”

NATANJA KRUGER VAN THABAZIMBI

My dog­ter­tjie, An­ja­net­te ( 7), sê “glim­lag­stiek”pleks van gim­nas­tiek.

ANSONELLE LOTTERING VAN WAVERLEY, P­RE­TO­RIA

Ek vra vir my drie­ja­ri­ge, Me­len­ke, waar sy die va­kan­sie gaan bly ter­wyl ek by die werk is. Sy sug en sê by pap­pa. Ek vra: “Nou hoe­kom sug jy, sus­sie?” Sy ant­woord: “Want ek het nie ’n keu­se nie.”

CHRISTEL SNODGRASS VAN KAAPSTAD

My dog­ter­tjie, I­sa­bel­la ( 7), vra hoe ’n mens bal­lon­ne maak. Ek sê ek weet nie. Sy kyk my heel ver­ont­waar­dig aan en sê: “Nou goo­gle dit!”

SUNÉ ERASMUS VAN DIE VIVO- OMGEWING, LIM­PO­PO

As ek en Ker­neels (2) na­we­ke saam met sy pa na die spil­pun­te op die plaas gaan kyk en ’n sproei­er is toe­ge­draai, sê hy: “Pap­pa man, só boer ’n mens nie!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.