ONS FACEBOOKMA’S VERTEL ...

Baba & Kleuter - - Praat Saam -

Wat is die snaaks­ste ding wat jou k­leu­ter on­langs ge­sê het?

LIZE MUL­LER VAN P­RE­TO­RIA

“Bê­re jou bou­de!” sê CJ (4) vir sy boetie toe hul­le aan­trek en sy bou­de uit­steek.

YOLANDI TROLLIP VAN DIE LUCKHOFF- DISTRIK

My ma het boe­re­arms wat nou al ’n bie­tjie los is van ou­der­dom. Ons twee­ja­ri­ge seun­tjie, LJ, vat aan haar aan die arms en sê: “Ou­ma se arms is vol wa­ter.”

CHARNELLE DAVIDSE VAN STELLENBOSCH

My vyf­ja­ri­ge dog­ter, Mac­ken­zie, suk­kel nog om deur die nag op haar eie bed te slaap. Sy vertel vir my dat kinders by hul ma en pa moet slaap. Ek vra wie dit vir haar vertel het en sy ant­woord: “Je­sus het so ge­sê!” Nou wat ant­woord ’n mens daar­op?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.