MY LIEFSTE K­LEIN POPPYSEED

Baba & Kleuter - - Praat Saam - GERRIDA HERBST- ROSENSTEIN, KAAPSTAD, WES- KAAP

Ek het nie ge­dink ek sou hier­die brief skryf nie. Jy is so vin­nig van ons weg­ge­neem. Ek het nie die kans ge­kry om vir jou te sê hoe lief ons vir jou was nie. En hoe op­ge­won­de ons was oor jou koms nie. Ek was so bly toe ek jou hart­jie op die so­nar sien klop en ek was met ver­won­de­ring ver­vul. Maar jy het nie baie lank daar­na nog ge­leef nie.

Al­les het net reg ge­voel. Jou ou­er boetie was ge­reed en ek het net van die be­gin af ge­weet al­les sou reg ver­loop. Maar dit het nie. Met die twee­de so­nar het ons dok­ter on­mid­del­lik ge­sien daar is iets fout. Jou hart­jie het nie meer ge­klop nie en jy het in die twee we­ke glad nie ge­groei nie.

Toe jou ou­pa oor­le­de is, het ek ge­weet hoe hy lyk, hoe sy stem klink en het ek sy per­soon­lik­heid ge­ken. Ek sal nooit een van hier­die din­ge van jou weet nie. Jou nooit hoor gig­gel of lag nie.

Ek dink jou boetie kan aan­voel iets is ver­keerd, maar ons het hom nog nie van jou vertel nie. Ons sal hom vertel as hy gro­ter is.

Is dit vreemd as ek sê ek mis jou? Die voor­uit­sig van jou? Ek soek na iets van jou om aan vas te hou, maar daar is niks nie.

Ek het ná die mis­kraam baie on­der­steu­ning ge­kry van men­se van wie ek dit nie eens ver­wag het nie. An­der het my weer te­leur­ge­stel, want ek het meer van hul­le ver­wag. Maar eint­lik maak niks hier­van saak nie, want niks neem die pyn en ver­lies weg nie.

Ek is hart­seer om­dat ek moet wees, maar ek wil nie net hart­seer oor jou ont­hou nie. Ek wil hê jy moet meer as net pyn wees. Ek wil hê jy moet weet jy was ge­lief, al het ons jou skaars ge­had. Ek wil hê jy moet weet ek gaan jou na­ge­dag­te­nis koes­ter, want jy was meer as net die pyn van ’n mis­kraam. Jy was hoop en jy was lief­de. En ek sal jou nooit ver­geet nie. Ek is baie lief vir jou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.