Po­si­tie­we kraampyn

Kraam­py­ne het ’n doel. Ver­an­der jou er­va­ring van pyn in ’n po­si­tie­we be­le­we­nis.

Baba & Kleuter - - INHOUD -

Baie vroue word so angs­be­van­ge as ge­volg van teen­stry­di­ge in­lig­ting oor na­tuur­li­ke ge­boor­tes dat hul­le be­sluit om eer­der ’n kei­ser­snee te vra.

Hier is die waar­heid: Ge­du­ren­de die ge­boor­te­pro­ses het jou lig­gaam on­ge­loof­li­ke krag. Jou pyn kán op ’n na­tuur­li­ke wy­se ver­min­der en be­stuur word.

Nie al­mal er­vaar pyn die­self­de nie. Som­mi­ge vroue be­skryf kraam­py­ne as baie in­tens, ter­wyl an­der sê dat hul­le by­kans geen pyn er­vaar het nie, maar eer­der in ’n toe­stand van angs en ver­ont­rus­ting was.

Daar is geen ma­nier om te voor­spel hoe jy gaan re­a­geer nie. Jou lig­gaam, jou fi­sie­ke om­ge­wing en jou kop speel al­les ’n rol in jou uit­ein­de­li­ke be­le­we­nis van die ge­boor­te.

As jy ’n paar een­vou­di­ge stra­te­gieë in­span, kan jy pyn be­perk en ver­se­ker dat die na­tuur­li­ke ge­boor­te van jou ba­ba een van die po­si­tief­ste en on­ver­geet­lik­ste din­ge is wat jy in jou le­we er­vaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.