D­rie­ja­ri­ges kan self!

Wat kan ’n drie­ja­ri­ge al­les ver­mag en wat nog nie? Twee kun­di­ges deel hul in­sig­te.

Baba & Kleuter - - INHOUD - DEUR SHANDA LUYT

“Een van my vrien­din­ne het dit een­dag baie ou­lik ge­stel. Sy het ge­sê: ’Kin­ders is soos spring­mie­lies: Al­mal spring nie op die­self­de tyd nie’. En dit is so waar! Hoe min­der druk ons op ons kin­ders uit­oe­fen deur hul­le met an­der te ver­ge­lyk, hoe be­ter.”

Aan die woord is An­ri van den Berg, ’n ou­er­skaps-, verhoudings- en trau­ma­be­ra­der by die Vi­ta No­va-be­ra­ding­sen­trum in Elar­dus­park, P­re­to­ria.

Haar kol­le­ga by die sen­trum, die kin­der­te­ra­peut en maat­skap­li­ke wer­ker Hes­ke S­tan­ger, stem saam dat el­ke kleu­ter ’n u­nie­ke mens is. En, sê sy, dis be­lang­rik om ken­nis te neem van jou drie­ja­ri­ge se u­nie­ke ei­en­skap­pe ter­wyl haar b­rein­tjie aan die ont­wik­kel is.

D­rie­ja­ri­ges se ver­stan­de­li­ke ont­wik­ke­ling val in wat die pre-o­pe­ra­si­o­ne­le fa­se ge­noem word, ver­dui­de­lik sy. Die S­wit­ser­se ont­wik­ke­lings­ken­ner Je­an Pi­a­get het dié fa­se be­skryf as een wat van d­rie tot ses jaar oud strek en hoof­saak­lik deur e­go­sen­trie­se den­ke ge­ken­merk word.

“D­rie­ja­ri­ges het nie die ver­moë om die wê­reld uit an­der se per­spek­tief te be­skou nie. Hul­le sal by­voor­beeld dink dat as hul­le hon­ger voel, al­mal hon­ger is.”

As dit by d­rie­ja­ri­ges se be­we­gings­vaar­dig­he­de kom, leer hul­le nou om groot so­wel as klein mo­to­rie­se vaar­dig­he­de son­der doel­be­wus­te in­span­ning te ver­rig.

“Dit be­te­ken ’n drie­ja­ri­ge kan hard­loop en om­draai son­der om daar­oor te dink, waar hul­le voor­heen hard moes kon­sen- treer om te hard­loop,” sê Hes­ke. “Dis ook in hier­die fa­se dat kin­ders leer om ’n reeks on­af­hank­li­ke ak­sies by ’n in­ge­wik­kel­der vorm van ge­drag te in­te­greer. Voor­heen was dit by­voor­beeld hul doel­wit om op en af te spring, maar nou maak die sprin­ge­ry deel van ’n spe­le­tjie uit.”

Wat kan jy dus al­les van jou drie­ja­ri­ge ver­wag?

SELF AAN­TREK

D­rie­ja­ri­ges kan hul­le self aan­trek, hoe­wel hul­le met kno­pies en rits­slui­ters suk­kel om­dat hul fyn mo­to­rie­se vaar­dig­he­de nog nie so goed ont­wik­kel het nie, sê Hes­ke. SO KAN JY HELP Dis baie be­lang­rik dat jy ge­dul­dig ge­leent­he­de skep waar jou klein­ding die kans kan kry om haar aan-

trek­vaar­dig­he­de te be­mees­ter, sê An­ri. “Dit kan be­te­ken dat jul­le ’n rap­sie vroe­ër vir skool moet be­gin reg­maak.

“Soos met die oe­fe­ning van al­le an­der vaar­dig­he­de moet jy liefs nie da­de­lik in­spring en help as jy sien sy suk­kel nie. Lief­de­vol­le en ge­dul­di­ge, po­si­tie­we aan­moe­di­ging ver­sterk haar self­ver­troue en help bou aan die deur­set­tings­ver­moë wat no­dig is om ’n nu­we taak te be­mees­ter.

“Deur ge­dul­dig te wag en aan te moe­dig, stuur jy ook aan jou klein­ding ’n bood­skap dat jy glo sy kan dit reg­kry. Moet haar nie aan­jaag en te haas­tig word nie. Dis dalk ’n goeie plan om die kle­re met klein kno­pies en rit­se vir na­we­ke te los.”

SELF KOS EN DRINK­GOED KRY

Jou drie­ja­ri­ge sal al met ’n bie­tjie hulp self ’n brood­jie kan s­meer, sê Hes­ke.

Hul­le kan eg­ter nog nie gla­se of bord­jies heel­te­mal be­heer nie, waar­sku An­ri.

“Dis heel­te­mal nor­maal dat hul­le soms mors as hul­le met ’n glas wa­ter van een ver­trek na die an­der loop. Baie ou­ers ver­kies dit daar­om dat hul kin­ders glad nie met gla­se vloei­stof rond­loop nie.”

SO KAN JY HELP An­ri se raad is dat jy jou drie­ja­ri­ge die ver­ant­woor­de­lik gee om met haar gla­sie van die kom­buis tot by die ta­fel te loop om­dat dit ’n i­de­a­le leer­ge­leent­heid is.

“Maak se­ker die glas is nie te vol nie en ver­dui­de­lik kalm dat sy sta­dig en ver­sig­tig moet loop. Moe­nie te kwaai raas as sy mors nie. Dit kan haar self­ver­troue om ta­kies te ver­mag, ’n knou gee.

“’n Vrien­de­li­ke ‘o tog­gie, kom ons maak gou skoon’ is ’n goeie ma­nier om te re­a­geer.

“Gee haar ’n lap­pie so­dat sy kan help skoon­maak.”

SELF SPEEL­GOED WEGPAK

Jou klein­ding is heel­te­mal in staat om haar speel­goed weg te pak as sy weet waar dit moet kom, sê Hes­ke.

SO KAN JY HELP Vir baie ou­ers is op­ruim­tyd in nag­mer­rie, sê An­ri.

“’n Voor­spel­ba­re roe­ti­ne tuis maak klaar ’n groot ver­skil. Moe­nie leë drei­ge­men­te maak nie.

“Om te sê: ‘As jy nie nou hier­die kar­re­tjies op­tel nie, gooi ek hul­le weg!’ is nie juis deur­voer­baar nie en jou kind leer dus jy praat som­mer net.

“Daar is be­ter plan­ne. Pro­beer op­ruim­tyd in ’n spe­le­tjie ver­an­der en gee keu­ses. Kin­ders van hier­die ou­der­dom wil voel dat hul­le be­heer en keu­ses het.

“Be­sluit op keu­ses waar­mee jy ge­mak­lik is soos ‘wat­ter kleur kar­re­tjies wil jy eer­ste bê­re? Die rooi­es of die blou­es?’ ”

Be­lo­nings­kaar­te is op dié ou­der­dom ook waar­de­vol. Maak dit deel van jul­le vas­te roe­ti­ne: “As al die speel­goed voor bad­tyd op­ge­tel is, kan jy ’n ster­re­tjie kom kies en op jou kaart plak’.”

SPEEL­GOED DEEL?

Dis nor­maal dat d­rie­ja­ri­ges nie wil deel nie, sê An­ri. Dis on­der meer om­dat hul­le nog so e­go­sen­tries is.

“Ons moe­nie van ons kin­ders ver­wag om deel mak­lik baas te raak nie – daar is selfs baie vol­was­se­nes wat nie mak­lik deel nie!”

Na­ma­te kin­ders ou­er word, ver­an­der en ont­wik­kel die ma­nier waar­op hul­le speel da­rem, sê Hes­ke.

“Teen d­rie tot vier jaar oud be­gin hul­le meer met me­kaar speel, ter­wyl hul­le voor­heen net met die­self­de speel­ding wou speel..Hul­le sal dus be­gin om saam blok­kies te bou.” SO KAN JY HELP Die kuns is om met ge­duld in te meng wan­neer dit no­dig is en op­los­sings te pro­beer vind, sê An­ri.

“Vrae soos ‘Hoe dink jy voel die maat­jie as hy nie ’n beurt kry om met die blok­kies te speel nie?’ kan help. Ein­dig met iets soos: ‘Wat­ter plan dink jy kan ons maak?’ Kyk ’n bie­tjie hoe kre­a­tief ’n drie­ja­ri­ge met haar op­los­sings kan wees!”

IS MY KIND AG­TER?

Ver­skeie fak­to­re speel ’n rol wan­neer kin­ders nu­we vaar­dig­he­de aan­leer, sê Hes­ke.

“Die be­lang­rik­ste is om jou kind se ge­reed­heid in ag te neem. Dit be­te­ken dat ’n se­ke­re ma­te van fi­sie­ke en e­mo­si­o­ne­le vol­was­sen­heid no­dig is voor jou kind ’n nu­we ak­ti­wi­teit kan leer.

“Kin­ders se ont­wik­ke­ling word be­skou as bou­blok­ke wat op me­kaar volg, en jou kind kan nie die vol­gen­de blok bou as sy nie die vo­ri­ge blok goed ge­noeg be­mees­ter het nie. Na­vor­sing wys dat wan­neer kin­ders heel­te­mal ge­reed vir ’n nu­we ak­ti­wi­teit is, dit die mi­ni­mum moei­te en mo­ti­ve­ring verg om hul­le dit te laat be­mees­ter.

“Ont­hou dat el­ke klein­ding u­niek is en dat hier­die plek van ge­reed­heid vir al­mal ver­skil.”

’n Kleu­ter se kon­sen­tra­sie­ver­moë dra ook by tot die aan­leer van nu­we vaar­dig­he­de, sê Hes­ke.

“Kleu­ters tus­sen d­rie en vyf jaar oud kan nie nood­wen­dig lang woor­de­lik­se op­drag­te uit­voer nie en leer die bes­te deur ak­tie­we na­boot­sing. Met an­der woor­de, ons moet hul­le wys wat om te doen.

“Dis ook be­lang­rik dat hul­le die nu­we vaar­dig­heid in­oe­fen deur dit oor en oor te her­haal, soms tot ons frus­tra­sie. Gee ook aan­dag aan te­rug­voe­ring. Hul­le het no­dig dat jy hul­le mo­ti­veer om aan te hou tot hul­le die ak­ti­wi­teit be­mees­ter het.”

An­ri re­ken dat as jy ’n ge­ba­lan­seer­de om­ge­wing skep waar­in jou kind on­voor­waar­de­li­ke lief­de en aan­vaar­ding er­vaar, ’n om­ge­wing waar jy as ou­er ferm en kon­se­kwent, voor­spel­baar en reg­ver­dig op­tree, jou kind teen haar eie u­nie­ke tem­po kan ont­wik­kel en flo­reer.

Hou deu­ren­tyd in ge­dag­te dat el­ke klein­ding u­niek is.

“Ons leef in ’n tyd waar dit die norm ge­word het om ons kin­ders met an­der kin­ders te ver­ge­lyk,” sê An­ri.

“Baie ou­ers meet hul waar­de as mens aan die hand van hul kin­ders se pres­ta­sie en vor­de­ring. Ons ver­wag par­ty­keer din­ge van ons kin­ders bloot om­dat an­der kin­ders dit al kan doen of om­dat hul­le sus of so is.

“Ek wens so ons kan dit reg­kry om ons kin­ders as 100 per­sent u­niek ge­ska­pe te be­skou en ons fo­kus te ver­skuif van an­der kin­ders se ver­mo­ëns na ons eie kin­ders se u­nie­ke mens­wees.”

Kin­ders van d­rie jaar oud is e­go­sen­tries en gaan nie mak­lik hul speel­goed met an­der deel nie.

AN­RI VAN DEN BERG, OU­ER­SKAPS-, VERHOUDINGSEN TRAU­MA­BE­RA­DER VAN P­RE­TO­RIA

HES­KE SANGSTER, KIN­DER­TE­RA­PEUT EN MAAT­SKAPLIKE WER­KER VAN P­RE­TO­RIA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.