LIEF­DE & ON­DER­STEU­NING

Baba & Kleuter - - PRAAT SAAM -

Soos ek hier sit en te­rug­kyk oor die eer­ste jaar van mam­ma wees, kan ek nie help om ge­lief te voel nie. Ek dink aan al die ke­re wan­neer vrien­de kom kui­er en ’n o­gie oor ba­ba ge­hou het so­dat ek kon bad of kos maak. Al die ke­re wat hul­le ons toe­ge­laat het om ’n bie­tjie al­leen uit te gaan of ’n troue by te woon. Waar hul­le die ba­ba by die dag­sorg moes gaan haal om­dat ons by die werk vas­ge­haak het. Dis fa­mi­lie wat my klein La­ra met so­veel lief­de en speel­goed be­derf het. Vrien­din­ne wat by jou huis aan­kom met kol­wyn­tjies en ’n bot­tel wyn, net om­dat hul­le weet jy slaap al heel week sleg weens die tan­de wat op pad is. My on­ge­loof­li­ke man, Si­mon, wat son­der ’n woord na ons dog­ter­tjie om­sien deur al my nag­skof­te as dok­ter-mam­ma by die hos­pi­taal. On­der­steu­nen­de kol­le­gas en ’n baas wat toe­laat dat ek tyd by die werk af­knyp om vir my klein­ding uit te melk. Dan na­tuur­lik Ba­ba & Kleu­ter, wat so­veel raad en ont­span­ning bied wan­neer ek kans kry om in die bad te ont­span. My dog­ter­tjie is so ’n vrien­de­li­ke en ge­luk­ki­ge kind, en ek weet dis om­dat sy met so­veel lief­de en on­der­steu­ning om haar groot­word. Met jul­le al­mal aan ons sy kan sy een­dag net ’n suk­ses wees! CHANTELLE VAN DER BIJL, BLOEM­FON­TEIN, VRY­STAAT

van der Bijl Die ge­luk­ki­ge La­ra ’n te­kort aan ver­sot­te (15 maan­de), wat nooit ver­sor­gers het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.