NIE JOU GE­WO­NE GE­SIN NIE

Baba & Kleuter - - PRAAT SAAM - TER­TI­US EN ANNÉL STRYDOM, NEL SPRUIT, MPUMAL ANGA ●

Ons oud­ste dog­ter, A­ni­ka, is in 2010 met spi­na bi­fi­da ge­bo­re. Sy was al 20 keer in die te­a­ter van die U­ni­tas-hos­pi­taal en ge­bruik ’n rol­stoel. Ons twee­de dog­ter­tjie, Es­ti, is in 2012 ge­bo­re en is oor­le­de aan hi­po­plas­tie­se lin­ker­hart­sin­droom, ’n hart­toe­stand. Ons wou ná Es­ti se dood eer­der ’n kind aan­neem pleks daar­van om self weer swan­ger te raak, maar God het an­der plan­ne ge­had! Ons der­de kind, Reu­ben, is in 2015 ge­bo­re en is ’n be­si­ge, ge­son­de seun­tjie. Ons het ’n doel­be­wus­te be­sluit ge­neem dat ons nie gaan toe­laat dat ons uit­da­gings ons on­der­kry nie en be­plan om ons sto­rie van hoop na­si­o­naal en in­ter­na­si­o­naal te gaan deel. Dit gaan be­ter met A­ni­ka as wat ons ooit kon ge­droom het. Sy is nou in graad 1 in ’n hoof­stroom­skool. Sy hou van perd­ry, swem, kla­vier­speel en sing. Aan­ge­sien ons baie lief is vir reis en graag ons ge­tui­e­nis wil deel, het ons be­sluit om ons per­ma­nen­te huis vir eers af te s­taan, ons on­der­ne­ming aan­lyn te be­dryf en om tyd saam met ons kin­ders deur te bring ter­wyl ons ’n ver­skil aan an­der se le­wens maak. Volg as­se­blief ons a­von­tu­re en rei­se op Fa­ce­book by fa­ce­book. com/theun­con­ven­ti­onal­fa­mi­ly, of ons op web­tuis­te theun­con­ven­ti­onal­fa­mi­ly.com.

Die ge­sin wat dees­dae rond­rits: Ter­ti­us, A­ni­ka (8), Reu­ben (3) en Annél Strydom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.