BOEKAREST

Is dit nie waar Dra­cu­la woon nie? Su­san­ne Op­per­man deel haar en haar ge­sin se a­von­tuur in Roe­me­nië.

Baba & Kleuter - - E-POS UIT DIE BUITELAND - DEUR SU­SAN­NE OP­PER­MAN

Snaaks, die paaie wat jou le­we loop. Ons ge­sin was in ’n ge­mak­so­ne – be­sten­di­ge werk, ge­mak­li­ke leef­styl, klein ge­meen­skap, goeie skool met waar­des vir ons dog­ter, Ab­by. Toe ver­an­der din­ge twee jaar ge­le­de skie­lik.

Met ’n werk­aan­bod aan my man, S­chalk, is ons le­we eens­klaps om­ge­keer. Sy maat­skap­py het ’n ge­leent­heid in Roe­me­nië vir ’n kon­trak­tyd­perk ge­bied. Ek moes op die wê­reld­kaart gaan kyk waar dit is. As ge­sin moes ons mooi be­sin oor ons toe­koms­vi­sie en ver­al oor Ab­by se toe­koms.

Ons lewensleuse was nog al­tyd jy doen iets vol­uit, of jy los dit. Die aan­pas­sing was on­ge­loof­lik. Taal, kul­tuur, kos, kli­maat – niks was be­kend of ge­mak­lik nie. En sneeu wat so hoog soos jou mo­tor se dak lê, was vir ons ’n nuut­jie. Skie­lik bly ons in ’n klein woon­stel­le­tjie wat uit­kyk op ’n e­nor­me en ra­se­ri­ge Boekarest. Ons hart trek met ’n punt na Suid-A­fri­ka, ons mooi­ste land, en ons ver­lang na die Bosveld, bran­ders en wit stran­de, fa­mi­lie en vrien­de, ruim­te en stil­te.

Twee be­lang­ri­ke le­wens­les­se wat ons in die pro­ses ge­leer het – en ons leer dit nog el­ke dag – is: Aard­se goed is nie be­lang­rik nie, en jy moet el­ke oom­blik om­hels, want die le­we is vlie­tend.

Boekarest is ’n stad met men­se wat swaar dra aan die ver­le­de en wat jou ver­beel­ding oom­blik­lik aan­gryp. Hoe­wel jy nie die taal ver­staan nie, kan jy die e­mo­sie be­leef, die pas­sie wat hul­le het vir ver­an­de­ring, vir voor­uit­gang, en hul soe­ke na reg­ver­dig­heid. Hul­le sal on­danks die sneeu we­ke lank vreed­sa­me pro­tes­op­tog­te hou om hul mis­noeë met kor­rup­sie in die re­ge­ring te ken­ne te gee. Hul­le s­taan op vir wat reg is en laat hul stem­me hoor. Dan be­sef jy ons is eint­lik baie die­self­de. Suid-A­fri­ka­ners is ook pas­sie­vol en ver­loor nooit moed nie.

Be­hal­we vir die ge­stoei om vi­sums en ver­blyf­sper­mit­te het ons goed aan­ge­pas en ná twee jaar kan ek sê ons is ge­mak­lik. Ons het gou deel ge­word van ’n En­gel­se kerk waar­in men­se van oor die wê­reld heen ver­teen­woor­dig word: A­me­ri­ka, B­rit­tan­je, Ko­rea, Fi­lip­py­ne, Ni­ge­rië, om net ’n paar te noem. Ons is met ope arms ver­wel­kom en is gou be­trek by din­ge soos Son­dag­skool, kam­pe en uit­reikak­sies. Ons be­soek kin­der­hui­se en het ook nou be­trok­ke ge­raak by ’n skool vir do­wes. Dis so mak­lik om van jou­self te gee want lief­de, om­gee en ’n druk­kie praat ’n u­ni­ver­se­le taal.

S­chalk se werk is ’n gul­de ge­leent­heid om er­va­ring op te doen, net­wer­ke te ves­tig en sy dro­me uit te leef. Vir my, wat ’n ge­ves­tig­de be­roep ge­had het, was dit swaar om fi­nan­si­eel van hom af­hank­lik te word en my se­ku­ri­teit op te of­fer. Maar deur dit te doen, het ek so­veel meer ge­kry in die vorm van tyd met my kind en die kans om ’n rus­ti­ge at­mos­feer by die huis te skep.

Ek ge­niet dit om die stad te gaan ver­ken; daar is so­veel ge­skie­de­nis dat jy na die ver­le­de weg­ge­voer word. Boekarest het ook on­ge­loof­lik prag­ti­ge par­ke. Om­dat die mees­te men­se in woon­stel­le woon, word die par­ke ten vol­le be­nut. O­pen­ba­re ver­voer is baie goed ge­or­ga­ni­seerd, hoe­wel die paaie nie met al die mo­tors by­ge­hou het nie. Wat ’n nag­mer­rie om te be­stuur! Daar is baie win­kel­sen­trums en keu­ses, hoe­wel ek steeds moet goo­gle-trans­la­te as ek nu­we goed soek. In­ko­pies duur dus ’n bie­tjie lan­ger as ge­woon­lik. Fa­mi­lie kom kui­er met ’n vrag Suid-A­fri­kaan­se pro­duk­te wat ons mis. Groot was die op­ge­won­den­heid toe ek kon­dens­melk ont­dek het!

Ons is ’n hand­jie­vol Suid-A­fri­ka­ners hier. Wan­neer die ver­lan­ge te veel word, braai ons of pak ’n pot­jie, eet Pep­per­mint C­risp-tert en praat A­fri­kaans.

Een van die groot voor­reg­te van hier woon is dat ons die res van Eu­ro­pa kan ont­dek. Die wens­lys is lank, maar ons vor­der. S­pan­je, Pa­rys, Eu­ro-Dis­ney, die to­ring van Pi­sa in I­ta­lië, M­ün­chen en die hoog­te­punt – Ier­land – is ge­doen. Vol­gen­de op ons lys is Ne­der­land en G­rie­ke­land. Soms dink ek ons leef in ’n droom.

Die een mens op wie ek die trots­ste is, is Ab­by. Sy was 10 jaar oud toe ons ge­trek het. Be­hal­we vir die aan­pas­sing en soek­tog na nu­we vrien­de moes sy skie­lik in En­gels skool­gaan, en Roe­meens en Duits as vak neem. Haar durf en deur­set­tings­ver­moë het my stom­ge­slaan. Die skool­leer­plan is heel­wat an­ders as waar­aan sy ge­woond was, maar sy het gou haar voe­te ge­vind. In haar skool word 19 na­si­o­na­li­tei­te ver­teen­woor­dig en is sy die e­nig­ste Suid-A­fri­ka­ner. Haar voor­beeld van re­spek en dis­si­pli­ne is deur die on­der­wy­sers raak­ge­sien en sy het er­ken­ning daar­voor ge­kry. Sy is ’n wa­re ambassadeur!

Ons sien uit na die vol­gen­de paar jaar in Boekarest en waar­heen ook al daar­na. Al weet ons nie wat mô­re bring nie, weet ek dat so­lank ons d­rie saam­staan, niks ons sal on­der­kry nie. Ons hart sal al­tyd in SuidA­fri­ka wees en ons sien daar­na uit om een­dag te­rug te keer.

In die hart van Oos- Eu­ro­pa: Su­san­ne (43), Ab­by (12) en (45) Op­per­man. S­chalk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.