KLEIN & FYN, MAAR S­TERK

Ca­ra Wa­ge­naar van P­re­to­ria is van staal ge­maak. Nie net het sy haar vroeg­ge­bo­ren­heid lag-lag oor­kom nie, ’n na­re kan­ker­ge­was het ook pas voor haar ge­swig.

Baba & Kleuter - - WARE VERHAAL - DEUR YO­LAN­DI JOR­DAAN

Ca­ra Wa­ge­naar van P­re­to­ria is op 28 we­ke ge­bo­re en was van jongs af ’n fyn din­ge­tjie. Die klein, blon­de mei­sie­tjie het eg­ter toe reeds, en selfs ná haar eer­ste ver­jaar­dag, ’n boe­pie ge­had.

“Ek en my man, Hen­no, het dik­wels daar­oor ge­spot en ge­dink dit is te ou­lik,” ver­tel ma Car­li (33).

Toe sy eg­ter een dag die 14 maan­de oue Ca­ra se doek ruil, het sy ’n har­de knop om­trent so groot soos ’n ten­nis­bal on­der haar ba­ba se reg­ter­kant­se rib­bes ge­voel.

“Ek is ’n ge­re­gis­treer­de ver­pleeg­ster en het ge­weet dis nie goeie nuus nie, maar nie vir een oom­blik het ek ge­dink dit kon kan­ker wees nie. Ek het nie­te­min on­mid­del­lik ’n af­spraak by die pe­di­a­ter ge­maak.”

Car­li ver­tel dat sy die skrik op die pe­di­a­ter se ge­sig kon sien toe hy Ca­ra on­der­soek. Die pe­di­a­ter het die­self­de aand nog vir hul­le ’n af­spraak by ’n pe­di­a­trie­se chi­rurg by die Kloof-hos­pi­taal in P­re­to­ria ge­re­ël. Die chi­rurg het die ge­was vin­nig raak­ge­voel en twee dae la­ter ’n bi­op­sie in die te­a­ter ge­doen.

“’n On­ko­loog (kan­ker­spe­si­a­lis) het ons by­na on­mid­del­lik be­soek,” ont­hou Car­li.

Pre­sies een week na­dat Ca­ra ge­di­ag­no­seer is met die kan­ker neu­ro­blas­toom, het sy by die U­ni­tas-hos­pi­taal met che­mo­be­han­de­ling be­gin.

Car­li ver­dui­de­lik dat neu­ro­bla­sto­me ge­woon­lik uit­ge­sny word. Dit kom meest­al op die by­nie­re voor, wat ook in­dien no­dig ver­wy­der kan word.

In Ca­ra se ge­val was dit eg­ter nie moont­lik nie weens die groot­te en po­si­sie van die ge­was.

“Die ge­was was reg rond­om die a­or­ta. Dis die be­lang­rik­ste bloed­vat in jou lig­gaam en kan dus nie ver­wy­der word nie.”

Ca­ra se che­mo­te­ra­pie het al­te­saam 10 maan­de ge­duur. In hier­die tyd het sy el­ke d­rie we­ke ’n week lank be­han­de­ling ont­vang. Hen­no en Car­li het vir haar ge­lees en hul­le het saam in­ge­kleur en spe­le­tjies ge­speel – al­les om Ca­ra vir lang ruk­ke te laat stil sit ter­wyl die mid­del by haar ly­fie in­loop.

“Dit was ’n uit­da­gen­de tyd, maar Ca­ra het die che­mo­te­ra­pie eint­lik ver­ba­send goed han­teer. Ons kan op een hand die hoe­veel­heid ke­re tel dat sy naar ge­word het en sy moes slegs twee keer bloed kry. Sy het wel mond­se­re op­ge­doen van­weë haar ver­swak­te im­mu­ni­teit en ná el­ke ses­sie was haar lyf om­trent ’n week lank seer.”

Ná ses maan­de van be­han­de­ling het die neu­ro­blas­toom glad nie ge­krimp nie. Die on­ko­loog het toe nog d­rie maan­de van che­mo­te­ra­pie by­ge­voeg.

Ca­ra het al so ge­mak­lik in die hos­pi­taal ge­raak dat sy die plek vol ge­stap het ter­wyl sy die staan­der saam­stoot waar­aan die che­mo­drup ge­hang het.

“Dit was moei­lik. Ek en Hen­no het die nuus en stres elk­een op ons eie ma­nier pro­beer han­teer. Jy suk­kel om te slaap en die sleg­te nuus oor­wel­dig jou. Jy be­sef sy kan sterf,” ver­tel Car­li.

Ca­ra se chi­rurg het saam met ’n an­der chi­rurg be­sluit om te o­pe­reer om die ge­was ef­fens weg te sny waar dit moont­lik was.

“Hul­le het ons ook daar­op voor­be­rei dat Ca­ra se lin­ker­nier moont­lik baie ska­de kon hê en dat dit moont­lik ty­dens die o­pe­ra­sie ver­wy­der sou moes word.”

Ná ’n ge­wag van vyf uur het die chi­rur­ge met on­ver­wag­te nuus uit die te­a­ter ge­kom: Hul­le kon die ge­was heel­te­mal ver­wy­der!

Ca­ra se lin­ker­nier het wel ska­de ge­had, maar die chi­rur­ge het be­sluit om dit eers daar te laat.

“Ons het dié goeie nuus glad nie ver­wag nie. In die he­le tyd dat Ca­ra siek en in die hos­pi­taal was, het tal­le kin­ders ge­sterf. ’n Mens word heel­dag met die dood ge­kon­fron­teer. Dit was dus won­der­lik om te hoor dat Ca­ra se ge­was uit­ge­sny kon word,” ver­tel Car­li.

Se­we dae ná die o­pe­ra­sie het Ca­ra eg­ter ’n toe­val ge­kry.

“Sy het haar kop­pie ag­ter teen haar rug vas­ge­trek, haar o­gies styf toe ge­knyp en haar lin­ker­arm het langs haar lyf ge­hang. Ons het groot ge­skrik.”

’n Be­ken­de pe­di­a­trie­se neu­ro­loog van P­re­to­ria is in­ge­roep om Ca­ra te help. Hy het Pres-sin­droom (om­keer­ba­re en­se­fa­lo­pa­tie­sin­droom) ge­di­ag­no­seer. Die toe­val was die ge­volg van hoë bloed­druk wat op sy beurt weer ver­oor­saak is deur hor­mo­ne wat deur die che­mo­te­ra­pie af­ge­skei is.

“Ca­ra het s­terk bloed­druk­me­di­ka­sie ge­kry en met fi­si­o­te­ra­pie het haar lin­ker­arm­pie vol­ko­me her­stel,” sê Car­li.

D­rie we­ke na­dat die ge­was ver­wy­der is, is sy huis toe. Twee maan­de ná die o­pe­ra­sie het sy weer ’n week lank che­mo-be­han­de­ling ge­kry. ’n Maand la­ter weer. Bin­ne­kort word sy ge­skan­deer om se­ker te maak daar is geen spoor van die kan­ker oor nie.

“Die poort on­der haar vel waar­deur die

che­mo­mid­dels in­ge­voer is, bly daar tot die dok­ter be­sluit dis vei­lig om dit uit te haal,” ver­tel Car­li.

Ge­du­ren­de Ca­ra se siek­te het hul­le hon­der­de be­moe­di­gen­de bood­skap­pe ont­vang. Hul­le het ge­luk­kig ook ’n uit­ste­ken­de steun­stel­sel ge­had.

“Ons huis­wer­ker, Jo­han­na, en Ca­ra se twee ou­mas was won­der­lik. Ge­luk­kig is Hen­no ui­ters po­si­tief en dít het my meest­al van waan­sin ge­red,” spot Car­li.

Sy is tans 23 we­ke swan­ger en met Ca­ra wat aan die her­stel is, sien sy uit na ’n rus­ti­ge

en goeie jaar.

“Ons moet die vol­gen­de d­rie jaar een keer el­ke ses maan­de toet­se laat doen om se­ker te maak Ca­ra is ge­sond. Ons glo eg­ter sy sal wees; sy is mos van haar vroeë ge­boor­te af al ’n s­terk dog­ter­tjie.”

Klein Ca­ra Wa­ge­naar (2½) by pa Hen­no (34) en ma Car­li (33).

Ca­ra het al­te lek­ker in die hos­pi­taal rond­ge­kui­er ter­wyl sy haar che­mo­staan­der saam­ge­sleep het.

Pret in die hos­pi­taal. Ca­ra en pa Hen­no speel ter­wyl sy haar do­sis che­mo kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.