KIES REG!

Dink mooi voor jy jou kind se mo­tor­stoel­tjie aan­skaf.

Baba & Kleuter - - PROMOSIE -

Dit is kom­mer­wek­kend dat Suid-A­fri­kaan­se ver­brui­kers nie ge­noeg na­vor­sing doen voor hul­le ’n mo­tor­stoel gaan koop nie. Dis soos om ’n nu­we mo­tor te koop son­der dat jy kyk na die groot­te van die en­jin, hoe groot die kat­te­bak is, en of die mo­tor­han­de­laar se prys reg is. ’n Mo­tor is mis­kien baie duur, maar wat­ter waar­de heg jy aan jou kind se le­we?

Ons fo­kus dik­wels op die prys wan­neer ons ’n mo­tor­stoel­tjie koop, maar ’n mo­tor­stoel­tjie is eer­der ’n lan­ger­ter­myn be­leg­ging. Dit hou jou kind vir lank vei­lig. As jy in ag neem vir hoe lank jou kind dit gaan ge­bruik, en die kos­te om­ska­kel in ‘n maan­de­lik­se be­drag, is dit reg­tig nie noe­mens­waar­dig nie.

Goed­ko­per mo­tor­stoel­tjies word soms nie on­af­hank­lik in ’n bot­sings­toets ge­toets nie. Bot­sings­toet­se is een van die be­lang­rik­ste as­pek­te om in ge­dag­te te hou wan­neer jy ’n mo­tor­stoel­tjie koop. Om ’n mo­tor­stoel op die mark te hou, moet ver­vaar­di­gers aan ’n mi­ni­mum-stan­daard vol­doen. Laag­ge­prys­de mo­tor­stoel­tjies word som­tyds teen ’n la­er spoed en met geen kan­tim­pak ge­toets nie. Hou in ge­dag­te dat on­ge­veer 40% van Suid-A­fri­kaan­se mo­tor­on­ge­luk­ke kan­tim­pak be­hels en dat Suid-A­fri­ka­ners maar ge­neig is om die spoed­grens te oor­skry. Wees dus be­hoed­saam wan­neer jy ’n mo­tor­stoel­tjie koop! Goed­ko­per mo­tor­stoel­tjies se ma­te­ri­aal­ge­hal­te is ook soms swak­ker as dié van duur­der mo­tor­stoel­tjies. Dit het ook dik­wels min­der vul­ling en die ma­te­ri­aal kan jou ba­ba laat sweet.

Ont­hou dat so­si­a­le me­dia nie ’n gel­di­ge bron van in­lig­ting vir die vei­lig­heid­stan­daar­de van mo­tor­stoel­tjies is nie. Vra eer­der ie­mand wat ’n kun­di­ge op die ge­bied is.

Maxi-Co­si se 2Way Fa­mi­ly Con­cept – vir jou pas­ge­bo­re­ne tot 105 cm (on­ge­veer 4-ja­ri­ge ou­der­dom) – wys na ag­ter en voor. Die ISOFIX Maxi-Co­si 2wayFix-ba­sis is die i­de­a­le an­ker vir bei­de die Peb­ble Plus- en 2wayPe­arl-mo­tor­stoel­tjies. Bei­de werk mak­lik met ’n kli­ken-los-sis­teem en die ma­te­ri­aal is van goeie kwa­li­teit wat ge­mak vir jou ba­ba en kind bied. Al­le Maxi-Co­si­mo­tor­stoel­tjies het streng, on­af­hank­li­ke bot­sings­toet­se on­der­gaan. Jy kan dus ge­rus wees wan­neer jy jou kos­ba­re klein­ding in jou mo­tor vas­gor­del.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.