GRIE­PIN­SPUI­TING

Baba & Kleuter - - DOSSIER GESONDHEID -

G­rie­pin­spui­tings is vol­gens ken­ners die doel­tref­fend­ste ma­nier om jou kans te ver­min­der om griep, ver­al die ge­vaar­lik­ste soor­te, te kry. S­ta­tis­tiek wys dis 70 tot 90 per­sent doel­tref­fend.

Die in­spui­ting kan jou nie siek maak nie en kan dus met vei­lig­heid ge­bruik word vir men­se met ’n swak­ker im­mu­ni­teit­stel­sel, soos kin­ders.

Waar­om sê so baie men­se wat die in­spui­ting ge­kry het dan dat hul­le steeds ag­ter­na siek ge­word het? Die ant­woord is een­vou­dig: om­dat die ent­stof men­se net teen die griep­vi­rus en nie teen ont­ste­king van die boon­ste lug­weg of ge­wo­ne ver­koue be­skerm nie. G­rie­pin­spui­tings word meest­al net een keer per jaar toe­ge­dien, ge­woon­lik kort voor die win­ter. Kin­ders wat dit nog nooit voor­heen ge­kry het nie, moet ’n maand ná die eer­ste in­spui­ting ’n op­vol­gin­spui­ting kry. Kin­ders kry die helf­te van ’n vol­was­se do­sis en ba­bas kan van so jonk as ses maan­de af die grie­pin­spui­ting kry. Dit word ver­al aan­be­veel vir ba­bas en kin­ders wat by dag­sorg of in ’n speel­skool is om­dat hul kans so­veel gro­ter is om die in­flu­en­sa­vi­rus op te doen as kin­ders wat by die huis bly. G­rie­pin­spui­tings is ook vei­lig vir bors­voe­den­de ma’s. Die e­nig­ste men­se wat dit nie kan kry nie, is dié met ’n eier­al­ler­gie of dié wat siek is met ’n hoë koors. Kin­ders wat reeds te­kens van griep toon of wat som­mer net ef­fens sie­ke­rig is, moet liefs ook die in­spui­ting ver­my om­dat dit die simp­to­me kan ver­er­ger. Die ne­we-ef­fek­te is ’n dow­we pyn op die plek waar jy in­ge­spuit is, maar dit be­hoort nie lan­ger as ’n dag of twee te duur nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.