ANTIBIOTIKAWEERSTANDIGHEID

Met dié stap­pe kan jy en jou ge­sin help om an­ti­bi­o­ti­ka-weer­stan­dig­heid teen te werk.

Baba & Kleuter - - DOSSIER GESONDHEID -

1

Ge­bruik an­ti­bi­o­ti­ka pre­sies soos jou dok­ter dit voor­ge­skryf het. Moet dus nie die do­sis aan­pas nie en maak die voor­ge­skre­we kur­sus heel­te­mal klaar. Baie men­se hou op om hul me­di­sy­ne te d­rink wan­neer hul­le be­ter be­gin voel. Die ge­volg is die me­di­sy­ne slaan die kie­me net kat­swink, maar maak hul­le nie heel­te­mal dood nie, wat weer­stan­dig­heid aan­help.

2

Moet nooit an­ti­bi­o­ti­ka wat om die een of an­der re­de van ’n vo­ri­ge voor­skrif oor­ge­bly het, la­ter weer ge­bruik vir ’n an­der toe­stand nie. Dit is dalk die ver­keer­de an­ti­bi­o­ti­kum en die kur­sus­duur­te sal nie reg wees nie.

3

Moet nooit ie­mand an­ders se an­ti­bi­o­ti­ka-voor­skrif oor­neem nie.

4

Moe­nie druk op jou dok­ter uit­oe­fen om an­ti­bi­o­ti­ka voor te skryf nie.

5

Was jou han­de ge­reeld met seep en wa­ter en spoel groen­te en vrug­te goed af voor jy dit eet. Was ook jou han­de goed na­dat jy met rou vleis ge­werk het en hou jou kom­buis­op­per­vlak­tes skoon.

6

Hou i­nen­tings op da­tum. Van die vak­si­nes be­skerm jou kin­ders teen bak­te­rie­se in­fek­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.