ONT­BYT

EI­ERS IN GE­BAK­TE SAM­PI­OEN­NES­SIES GE­NOEG VIR 4 MEN­SE

Baba & Kleuter - - JOU RESEPTE -

BE­STAND­DE­LE

• 30 g bot­ter

• 1 klein ui, ge­kap

• 500 g kno­pie­sam­pi­oe­ne, ont­stin­gel en in sky­fies ge­sny

• 125 ml (½ k) vars room

• sout en pe­per na smaak

• 4 ei­ers

• 50 g ge­ras­per­de goud­a­kaas

• 30 g ge­kap­te pie­ter­sie­lie

MAAK SO

Voor­ver­hit die oond tot 200 °C.

1. S­melt die bot­ter in ’n pan en braai die ui tot deur­sky­nend. Voeg die sam­pi­oe­ne by en braai so­wat 3 mi­nu­te.

2. Roer die room by en laat dit af­kook. Geur na smaak met die sout en pe­per.

3. Skep die sam­pi­oen­meng­sel in vier klein ge­bot­ter­de oond­vas­te bak­kies.

4. Druk ’n hol­te in el­ke meng­sel en breek ’n eier in elk. S­prin­kel sout oor, be­dek met die ge­ras­per­de kaas en bak so­wat 12 mi­nu­te in die voor­ver­hit­te oond tot die eier gaar, maar die ge­le nog sag is.

5. Ver­wy­der uit die oond, be­sprin­kel met die pie­ter­sie­lie en sit voor met roosterbrood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.