RYM­PIES & SKOOLGEREEDHEID

Baba & Kleuter - - JOU KLEUTER -

Ou­ers vra dik­wels hoe om hul kind skool­ge­reed te kry, maar Ger­tie meen die vraag moet eer­der wees hoe om te sorg dat jou kind leer­ge­reed is teen die tyd dat hy skool toe gaan.

Dit be­te­ken dat die “poor­te” waar­deur jou kleu­ter leer – sy oë en ore – ont­wik­kel moet word. Rym­pies kan baie help om kleu­ters se ore sen­si­tief te maak vir die klank en taal­struk­tuur van A­fri­kaans.

Ger­tie ver­dui­de­lik dat kin­ders se fo­no­lo­gies be­wust­heid – hul ver­moë om die klank­struk­tuur van taal te hoor en te ge­bruik – so ont­wik­kel.

GRO­TER BE­WUST­HEID VAN WOOR­DE

RYMWOORDE “Rym­pies maak kin­ders van rymwoorde be­wus, en dis die eer­ste stap om die ver­skil­len­de woor­de in ’n sin te on­der­skei,” sê Ger­tie.

HELP SÓ Ge­sels oor die prent­jie by die ge­dig en lees dan die rym­pie vir die lek­ker­te daar­van voor. Sê ter­loops: “Om en blom klink am­per die­self­de, nè? Luis­ter, ek lees die rym­pie weer.” Be­klem­toon dan die rymwoorde wan­neer jy dit weer lees. Lees die­self­de rym­pie die vol­gen­de aand weer, maar hui­wer voor die laas­te rym­woord en kyk of jou klein­ding dit dalk self vol­tooi.

As jou kind se oor ná baie bloot­stel­ling aan rym­pies al ge­oe­fen is om rymwoorde te hoor, kan jul­le ’n spe­le­tjie speel: “Wat klink am­per soos ‘gat’?” Gee lei­dra­de soos: “voor jy gaan slaap, moet jy eers ... ( bad). Jy speel graag met jou blok­kies op die ... (mat).”

HER­HA­LING Her­ha­ling kom dik­wels in rym­pies voor en kan kin­ders help om van in­di­vi­du­e­le woor­de be­wus te raak, sê Ger­tie.

HELP SÓ Be­klem­toon her­haal­de woor­de sub­tiel soos “om en om” of “blom en blom”. As dit lek­ker ge­sê kan word, kan jy saam han­de­klap om nog meer aan­dag op die in­di­vi­du­e­le woor­de te ves­tig. VRA VAN VRAGIES Die ant­woor­de op vragies oor ’n ge­dig­gie kan jou klein­ding na die ge­bruik van in­di­vi­du­e­le woor­de lei.

HELP SÓ Vra speel­se vragies na­dat die ge­dig­gie voor­ge­lees is, soos “Wat dwar­rel so om en om?”, “Wie vlieg van blom tot blom?”, “Wie seil tot in ’n gat?” en “Wie brul?”

GRO­TER BE­WUST­HEID VAN BEGINKLANKE

Jou klein­ding moet nog ag­ter­kom dat woor­de eint­lik uit klan­ke be­staan en rym­pies is die i­de­a­le werk­tuig vir dié leer­pro­ses.

HELP SÓ Kies ’n woord uit die rym­pie en vra: “Wat hoor jy eer­ste as ek sê ssss­seil of ssss­slang?” Ge­bruik eers klan­ke wat mak­lik uit­ge­rek kan word soos s, m, n, g, r, v, w, l en j, want jou klein­ding hoor dit mak­li­ker. Daar­na kan jy oor­ska­kel na woor­de waar­in klin­kers en die plof­klan­ke (t, b, d en k) ge­bruik word.

ONT­HOU Al­fa­bet­na­me word nie voor graad 2 ge­bruik nie. Sê dus “ss” pleks van “es”. Dis om­dat klan­ke ge­bruik word om woor­de te ont­sluit, soos wan­neer kin­ders leer lees. Wan­neer hul­le leer skryf, voeg hul­le ook klan­ke by­me­kaar om ’n woord te vorm. Al­fa­bet­na­me help in dié ge­val­le niks.

ONT­LUI­KEN­DE GELETTERDHEID

Kin­ders se o­gies word al­gaan­de lees­ge­reed wan­neer jul­le ge­reeld saam­lees.

HELP SÓ Jy kan help deur jou klein­ding ge­lei­de­lik en ter­loops be­wus te maak van din­ge soos die vol­gen­de: die bui­te­blad met sy prent­jie ver­tel iets oor wat bin­ne- in die boek ge­beur, en die na­me van die men­se wat die boek help maak het, s­taan ook bui­te­op. Daar is ’n spe­si­a­le blad wat ons ver­tel waar die rym­pies in die boek is. Kom ons “lees” wat hier ge­skryf s­taan.

So leer jou klein­ding hier­die pro­ses van kom­mu­ni­ka­sie ver­staan.

Nog ma­nie­re sluit in: El­ke rym­pie het ’n naam wat groot daar­bo ge­skryf s­taan en on­der­aan is die skry­wer se naam. ’n Rym­pie lyk an­ders as ’n sto­rie want dit het min­der woor­de en kort re­ëls. Die prent­jie ver­tel my meer van die rym­pie. Par­ty woor­de is lank, an­der is kort; par­ty re­ëls is lank en an­der nie.

Be­lang­rik: Rym­pies lees moet nooit in ’n les­sie ont­aard nie. ’n Ter­loop­se vra­gie ná die voor­lees van ’n rym­pie is ge­noeg be­wus­ma­king.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.