REG­TIG?

Co­le­ne P­re­to­ri­us van Vry­burg in Noord­wes het lank­al ag­ter­ge­kom die reg­te le­we en dié een wat ons op Fa­ce­book sien, is be­slis nie die­self­de ding nie.

Baba & Kleuter - - MA-BLOGGER - DEUR CO­LE­NE P­RE­TO­RI­US

Ek ont­snap van die ber­ge was­goed en die oor­log wat in die gang ge­voer word – die kin­ders breek die huis van­dag weer tot op sy fon­da­men­te af! Suut­jies trek ek die bad­ka­mer­deur toe om ’n kort oom­blik van stil­te te ge­niet. Dis net ’n kwes­sie van tyd voor die kin­ders be­sef dat ek my pos ver­laat het …

Ek loer vin­nig wat op Fa­ce­book aan­gaan en heel eer­ste sien ek ’n ou var­si­ty- vrien­din se dog­ter­tjie het hier­die week een jaar oud ge­word en hul­le het vir haar ’n partytjie ge­hou. Ag moe­der, dink ek, die vrou het nog al­tyd goeie i­dees ge­had. My kre­a­ti­wi­teit op my dog­ter­tjie se eer­ste ver­jaars­dag ver­le­de jaar het tot ’n cu­p­ca­ke met ’n kers in ge­strek. Dis reg ja, ’n kers. Die soort waar­mee jou ou­pa en ou­pa sou op­sit. Ek het nooit be­sef hier is nie ver­jaars­dag­ker­sies in die huis is nie.

Ek maak die vrien­din se fo­to’s oop. Is dit nou die reg­te ska­kel? Dit lyk dan soos ’n troue? Reg­tig? Daar is ta­fel­ver­sie­rings, koe­ke, kol­wyn­tjies, fo­to­gra­we, ta­fel­pla­sings en blom­me!

Ek be­sef nie eens dat daar nie ver­jaar­dag­ker­sies in my huis is nie en jy kry ’n ko­ör­di­neer­der vir jou kind se eer­ste ver­jaar­dag? My ver­sier­sui­ker word pap, ek gooi ge­la­tien by en flop die he­le sto­rie só erg dat my hond dit nie eens wil eet nie, en hier op die fo­to’s pryk ’n drielaag-koek. Te mooi vir woor­de! Each­to­hi­so­wn, na­tuur­lik, maar REG­TIG, wie kry dit reg? Dui­de­lik nie ek nie.

Vol­gen­de sto­rie. Ek kan nie glo ek mors my kos­ba­re twee mi­nu­te van be­trek­li­ke stil­te hier­op nie! Ek voel nou som­mer skaam oor my on­be­kwaam­heid. Aaa, ie­mand het ’n ska­kel ge­deel met ou­li­ke kos vir kin­ders. Die kin­ders word moeg vir vis­vin­gers en ka­pok­aar­tap­pels …

Wat is dié? Dis ou­lik, pie­sangs ge­doop in sjo­ko­la­de, met ’n ou­li­ke ge­sig­gie daar­op ge­te­ken. Dit lyk soos ’n pik­ke­wyn! En plaatkoekies met aar­beisky­fies reg rond­om ge­pak, en ’n ge­sig­gie ge­maak van wat soos pie­sangs en sjo­ko­la­de lyk.

Dis ou­lik, my kin­ders sal mal daar­oor wees! Maar reg­tig? Wie het tyd om nou die aar­beie so te loop sny? En dan te pak? En dan ge­sig­gies daar­op te­ken? Teen die tyd dat ek die twee­de aar­bei op­tel, het die kin­ders al lank­al die eer­ste een ver­or­ber.

Ai, die kin­ders van my is al­e­wig so gre­tig om in die kom­buis te help. Ek kan al sien hoe óf ek óf een van hul­le, óf al d­rie van ons be­seer word ter­wyl hul­le help aar­beie sny. Ek sien al hoe ek hul­le eers pro­beer keer, en dan toe­gee en hul­le laat pro­beer. Elk­een na­tuur­lik met sy eie sny­bord en mes, want an­ders ba­klei hul­le. Kort voor lank is al­les taai en half­pad ge­hap en ge­proe en ge­lek. Aar­beie op die ta­fel, vloer en in hul skoe­ne. Dis skottelgoed, was­goed, vloe­re mop en ha­re was. Wie kan dit uit­hou? Ek moet am­per ’n kal­meer­pil­le­tjie d­rink. Wag, wag nou, dis nog net ’n ge­dag­te! Wie dink sul­ke i­dil­lie­se goed uit? Nog meer, wie doen dit reg­tig? Kom nou, in die reg­te le­we?

Mam­maaaaaaa! Die stil­te is ver­by. Ek word te­rug­ge­ruk na die reg­te le­we, met aand­e­te wat nog ge­maak moet word. Kom ons pro­beer iets wat werk. Reg­tig werk.

Dit is waar­oor dit al­les gaan. Reg­te goed, want so graag soos ons al­mal ons dro­me wil droom en her­in­ne­rin­ge op Fa­ce­book wil deel van 10 jaar ge­le­de toe ons nog ma­er was, moet ons die werk­li­ke­heid in die ge­sig staar: Die kin­ders moet kos kry. Reg­te kos. Voed­sa­me kos. Maar ook kos wat pret is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.