Baba & Kleuter

Ontslae van die (ekstra) vetjies

Baba & Kleuter-lesers vertel hoe hulle gewig afgeskud het ná hul baba se geboorte.

-

Ruzelle Swanepoel (34) Pretoria, Gauteng

Ek het net voor my baba se geboorte 88 kg geweeg en weeg nou 70 kg. My baba is nou ses maande oud. Ek het in my swangerska­p net 8 kg aangesit en verloor dus ou vet waarmee ek voor my swangerska­p al gesukkel het. Ek spot en sê my baba eet die ou vet weg.

Ek borsvoed my kind en eet alles wat my oë sien! My pa sê hy het nog nooit so iets in sy lewe gesien nie.

Ek het tydens my kraamverlo­f so 5 km per dag met my baba gaan stap, maar noudat ek terug is by die werk, is dit moeilik om tyd vir oefen te kry. Dus is ek elke dag dankbaar dat ek kan borsvoed.

Ek het op 33 jaar oud uitgevind ek verwag ’n tweeling – my eerste swangerska­p.

Ek het in daardie stadium omtrent 57 kg geweeg en met hul geboorte op 37½ weke was ek 72 kg; ek het dus altesaam 15 kg aangesit.

Ek het wel die laaste ruk baie water teruggehou en veral my voete en bene was erg geswel.

Ek het ’n wonderlike (maar baie streng) ginekoloog en hy het met elke besoek daarop aangedring dat ek nie vir twee (of in my geval drie) moet eet nie, maar dat ek gesond moet eet en baie moet rus.

Met my derde besoek het ek volgens hom te veel gewig aangesit. Gelukkig het ek dit snaaks gevind en nie aanstoot geneem nie, maar ek het sy raad gevolg en regtig gesond probeer eet en lewe.

Ek het ná hul geboorte binne twee maande al my swangerska­psgewig verloor en weeg vandag ’n paar kilogram minder as wat ek voor die swangerska­p geweeg het.

Ek skryf dit maar toe aan min slaap, agter die kinders aan hardloop, heeltyds werk, soms vergeet om te eet en dat ek elke aand om 21:00 vir die eerste keer stilsit – en dan net hoop my een seuntjie word nie meer as twee keer die aand wakker nie. Ek glo nie aan dieetfoefi­es en pille nie! Ek het verkeerde goed soos koeldrank uitgeskake­l. Ek het ook skyfies en lekkergoed en alle ander sondaars uitgeskake­l. Ek vervang deesdae brood met Provita, maar eet darem af en toe ’n stukkie koek!

Ek probeer my grootste maaltyd van die dag in die middag eet, en eet deesdae al my maaltye op ’n klein bordjie of in ’n kleiner bakkie. Dit maak regtig ’n verskil.

Ek het met albei my swangerska­ppe 80 kg geweeg, maar weeg nou weer 60 kg. Ek het nie veel gedoen nie. Ek hou daarvan om aan die gang te bly en ons gaan stap graag as gesin. Maar daardie laaste 5 kg wil soos gewoonlik net nêrens heen nie! Ek borsvoed my baba. Hy is nou vier en ’n half maande oud en ek weeg nou baie minder as voor my swangerkap met hom! Ek het met my swangerska­p 23 kg aangesit. Ek het 60 kg geweeg toe ek swanger raak. Ek het ná 12 weke al 9 kg aangesit. Ek het nie eens baie geëet nie, want ek was naar tot amper ses maande van swangerska­p.

Met my ontslag uit die hospitaal ná die geboorte het ek reeds 6 kg minder geweeg. Ek het ná omtrent vyf maande ál die gewig wat ek aangesit het, verloor sonder om enigsins ’n dieet aan te pak. Ek het wel geborsvoed en besig gebly. Ek doen al my eie huiswerk, tuinwerk en wasgoed. Dus het ek tydens kraamverlo­f glad nie stil gesit nie.

 ??  ??
 ??  ?? Links: Ruzelle het 88 kg geweeg net voor haar baba gebore is. Regs: Sy het 18 kg verloor en Zanélle is nou ses maande oud.
Links: Ruzelle het 88 kg geweeg net voor haar baba gebore is. Regs: Sy het 18 kg verloor en Zanélle is nou ses maande oud.
 ??  ?? Links: Dié foto is geneem die aand voor die tweeling se geboorte op 37 weke. Regs: Shirley soos sy deesdae lyk. Shirley Meyer (37) Kaapstad, Wes-Kaap
Links: Dié foto is geneem die aand voor die tweeling se geboorte op 37 weke. Regs: Shirley soos sy deesdae lyk. Shirley Meyer (37) Kaapstad, Wes-Kaap
 ??  ?? Links: Marna tydens haar swangerska­p. Regs: ’n Aansienlik skraler Marna met Jean (3 maande). Marna du Toit (34) Paarl, Wes-Kaap
Links: Marna tydens haar swangerska­p. Regs: ’n Aansienlik skraler Marna met Jean (3 maande). Marna du Toit (34) Paarl, Wes-Kaap
 ??  ?? Rochellé op 39 weke van swangerska­p en ses weke ná haar baba se geboorte. Rochellé Hodson (33) Nigel, Gauteng
Rochellé op 39 weke van swangerska­p en ses weke ná haar baba se geboorte. Rochellé Hodson (33) Nigel, Gauteng
 ??  ?? Ilse lyk fantasties – sy het ná haar swangerska­p amper 20 kg verloor. Ilse van Heerden (38) Despatch, Oos-Kaap
Ilse lyk fantasties – sy het ná haar swangerska­p amper 20 kg verloor. Ilse van Heerden (38) Despatch, Oos-Kaap
 ??  ?? Links: Evette een week voor Renier se geboorte. Regs: Evette en Renier (1). Evette Grobler (32) Bethlehem, Vrystaat
Links: Evette een week voor Renier se geboorte. Regs: Evette en Renier (1). Evette Grobler (32) Bethlehem, Vrystaat

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa