Baba & Kleuter

Laat die liefdesvla­m witwarm brand!

Moenie dat baba se koms soos die einde van julle sekslewe voel nie. Inteendeel ...

- DEUR BIDDI RORKE

Te midde van die chaos van borsvoedin­g, te min slaap en die splinternu­we en reuse-verantwoor­delikheid wat saam met ouerskap kom, kan ’n mens baie maklik vergeet hoekom jy en jou lewensmaat in die eerste plek jul skoene onder dieselfde bed ingeskop het.

Of soos een uitgeputte nuwe ma dit stel: “As jy ’n baba het wat net vir 20 minute op ’n slag slaap, is sy slaaptye nou nie juis die ideale tyd om jul sekslewe op te kikker nie, tensy julle werklik die storie blitsig kan doen! Dit is regtig moeilik om so vinnig van my ma-rol na my vrou-rol oor te skakel wanneer my man ‘daardie kyk’ in sy oë kry.”

NIKS IS ONMOONTLIK NIE

Die goeie nuus is dat daar werklik hoop vir jou sekslewe is in die maande nadat jy die lewe geskenk het, al vertel jou vriendinne vele stories wat dit onmoontlik laat klink! Die geheim is om jou verwagting­e van intimiteit aan te pas eerder as om dit tot heel onder op jou doenlysie te skuif.

Leandie Buys, ’n kliniese seksuoloog van Port Elizabeth en skrywer van die boek Seasons of Sex, sê dit kan baie help om jou libido en jul sekslewe op dreef te kry as jy jou maat visualisee­r soos hy was toe julle net begin uitgaan het. Laat jou toe om dieselfde opwinding te ervaar wat julle destyds gevoel het.

En, soos altyd, is kommunikas­ie uiters belangrik. “Jy en jou maat beleef nou soveel veranderin­ge. Daarom is dit belangrik dat jy jou gevoelens met hom deel,” sê Leandie.

“Praat oor jul bekommerni­sse, jul begeertes, jul behoeftes, jul voorkeure en jul verwagting­e. Hoe meer openlik en eerlik julle met mekaar daaroor is, hoe dieper word jul emosionele en seksuele band.”

As jy steeds bang is dat jul sekslewe deur jul bedrywige en uitputtend­e ouerskapsk­edules ondermyn word, volg die volgende wenke om nuwe lewe in jul gevoelens te blaas.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa