In­boks

SKOPFIETSE & HELDINNE

Baba & Kleuter - - CONTENTS -

“Kom bad!” Ja, dis die be­gin van sui­ci­de­hour. E­tens­tyd, bad­tyd, slaap­tyd is on­ge­twy­feld dié deel van die dag waar­na ou­ers met klein kin­ders die mees­te op­sien. En ná die aan­koms van Reu­ben (20 maan­de) op die hak­ke van sy boe­tie, is self­moor­duur ek­stra spe­si­aal.

Ter­wyl Clai­re sorg dat Reu­ben ferm in sy bad­stoel­tjie sit, on­der­skep ek vir klein Paul om die eer­ste blin­de draai wat hy met sy blou- en-wit skop­fiets neem. “Kom ons trek gou uit,” sê ek ter­wyl ek hom ka­mer toe dra. Na­dat hy die no­di­ge pro­tes aan­ge­te­ken het, gee hy oor en sy kle­re lê soos kon­fet­ti oor sy ka­mer­vloer ge­strooi.

Ek het net sy hand­jie ge­neem om bad toe te stap, toe ek hoor daar is ak­sie in die bad­ka­mer. Reu­ben het net be­gin om­rol en be­sluit hy gaan sy nu­we toer­tjie in sy bad­stoel pro­beer. Al wat hy im­mers no­dig het, is dat mam­ma haar ge­sig net half­pad weg draai op soek na ’n was­lap en dan is die tyd ryp!

So be­sef klein Paul hy is nou al­leen en spring te­rug op die skop­fiets! Hoe dan an­ders?

Dié tyd van die dag is ge­woon­lik ook wan­neer die na­tuur druk en nor­maal­weg vang Pam­pers die pre­sen­tjies. Van­dag, eg­ter, gaan klein Paul nie keer dat sul­ke tyd in­meng met sy fiets­ry­ge­not nie. Met el­ke vas­trap word die na­pro­duk van die dag se vas­te kos uit­ge­rol tot op die sit­plek van sy skop­fiets, met die eer­ste draai be­land dit bo op die ag­ter­wiel, ’n hal­we se­kon­de la­ter on­der die wiel en toe word dit deel van die wiel. Na­tuur­lik laat hy ’n af­druk o­ral waar hy ry!

Oom­blik­ke la­ter tref die reuk my en ge­waar ek die spo­re van pret en ple­sier oor die sit­ka­mer­vloer en -mat. So ’n fiets kan nog­al skerp draai, dink ek.

Dié keer tel ek die pro­tes­te­ren­de ren­ja­er on­der sy kie­lie­bak­ke op en dra hom met uit­ge­strek­te arms na sy ma toe. Tye soos dié is dit ver­se­ker haar kind!

Mam­mas doen al­les vir hul kin­ders, of­fer al­le y­del­heid op, skuif hul­le­self en hul be­hoef­tes al­tyd op­sy, troos, dok­ter, dis­si­pli­neer en is ’n rots vir hul kin­ders se on­se­ker sie­le­tjies. Dit al­les doen hul­le net om mees­te van die tyd met on­dank­baar­heid be­loon te word.

Die waar­heid is eg­ter dat pap­pas son­der mam­mas be­swaar­lik die mas op­kom. Mam­mas is ver­se­ker die on­geson­ge heldinne van ons daag­lik­se be­staan!

Met ’n oor­wel­di­gen­de ge­voel van dank­baar­heid teen­oor my vrou kruip ek han­de­vier­voet met ’n em­mer seep­wa­ter en ’n skrop­bor­sel ag­ter die skop­fiets se spoor aan. So leer ek vin­nig dat die om­trek van daai wit ag­ter­wiel pre­sies 40 cm is!

Hoe in­sig­ge­wend is dit tog nie om kin­ders groot te maak nie! PAUL GER­BER, P­RE­TO­RIA, GAU­TENG

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.