Wa­re ver­haal

Dis moei­lik ge­noeg om ge­wo­ne kan­toor­werk met ou­er­skap te kom­bi­neer, wat nog te sê as jul­le al­bei vlie­ë­niers is wat soms vir lang tye van die huis af weg moet wees ...

Baba & Kleuter - - CONTENTS - DEUR KAREN VAN DER BERG

Dis moei­lik om vir lang tye in die dag van jou nu­we ba­ba ge­skei te wees. Vir I­re­ne Ey­bers (34) van Kaap­stad is dit ook waar. Boon­op is sy as vlie­ë­nier nie net vir ’n deel van die dag weg van haar ne­ge maan­de oue dog­ter­tjie nie. Sy is soms dae lank weg, soms in ’n an­der land, en par­ty­keer is sy heel­te­mal on­be­reik­baar.

Aan die een kant het sy haar be­roep, wat baie ver­vul­lend is, ver­tel I­re­ne. Dit is haar klein­dog­ter­tjie­droom wat waar ge­word het. Aan die an­der kant is daar klein E­me­lie, haar groot­ste lief­de en die re­de vir haar be­staan.

Sy het daar­om be­sluit om haar be­roep en moederskap te laat werk. Dit is nie al­tyd mak­lik nie en soms voel dit of sy 100 bal­le in die lug hou, net om 99 op die grond te laat val – maar dit kan ge­doen word, sê I­re­ne.

OM TE KAN VLIEG

I­re­ne het in P­re­to­ria groot ge­word. “Soos met die mees­te vlie­ë­niers het iets spe­si­fieks ge­beur wat my laat be­sluit het om te gaan vlieg,” ver­tel sy.

Sy was se­we jaar oud toe sy vir die eer­ste keer by die vlie­ë­niers in die stuur­ka­juit van ’n Boeing 747 gaan kui­er het.

“Dit was ty­dens ’n nag­vlug en al die lig­gies in die ka­juit het baie mooi ge­lyk. Ek het ge­dink be­man­nings­le­de moet die slim­ste men­se op aar­de wees.

“Die gog­ga­tjie het hard ge­byt en ek wou nooit weer iets an­ders doen nie.”

Sy het haar vlieg­op­lei­ding by die des­tyd­se P­re­to­ria-vlieg­skool by Won­der­boom vol­tooi.

Twee jaar ge­le­de is sy met Mi­cha­el ge­troud. Net om din­ge in­te­res­sant te hou, is hy ook ’n vlie­ë­nier.

I­re­ne werk vir Co­mair, wat B­ri­tish Air­ways- en Ku­lu­la­roe­tes in A­fri­ka vlieg.

“Ons vlieg hoof­saak­lik bin­ne­lands en han­teer ook streek­vlug­te na ons buur­lan­de toe,” ver­tel sy. Sy is ’n eer­ste of­fi­sier en vlieg Boeing 737-vlieg­tuie.

DIE OP­LOS­SING

“Ons werk on­ge­wo­ne ure,” sê I­re­ne. “Soms be­gin ek al vier­uur in die og­gend werk en an­der ke­re is ek eers ná mid­der­nag tuis. Daar­by moet ons ge­woon­lik werk wan­neer al­mal an­ders met va­kan­sie gaan, want dis ons be­dry­wi­ge tye. Dit sluit na­we­ke en va­kan­sie­dae in.”

Daar­by is dit nie net haar werk­tye wat be­stuur moet word nie, maar man­lief Mi­cha­el s’n ook.

Hul op­los­sing was om ’n au pair aan te s­tel wat kan oor­slaap in­dien no­dig en wat by hul on­ge­wo­ne ure kan aan­pas so­dat daar al­tyd ie­mand by E­me­lie is.

Ina B­rey­ten­bach is boon­op ’n ge­re­gis­tree­de ver­pleeg­ster wat ja­re se er­va­ring met ba­bas het.

“Ons is so dank­baar oor haar,” sê I­re­ne. “Dit help baie om te sien my kind is ge­luk­kig by haar en ek weet sy is in ui­ter­se be­trou­ba­re han­de.”

Dit bly vir hul­le baie be­lang­rik om aan­we­si­ge en be­trok­ke ou­ers te wees en Ina werk net wan­neer nie een van hul­le tuis is nie.

OM VER TE WEES

Die groot­ste uit­da­ging is eg­ter nie die af­stand wat daar soms tus­sen haar en E­me­lie is nie.

“Vir el­ke lug­diens is die vei­lig­heid van sy pas­sa­siers baie be­lang­rik. My groot­ste pri­o­ri­teit is om men­se vei­lig by hul be­stem­ming te kry. Daar­om ver­eis dit 100 per­sent van my fo­kus en kon­sen­tra­sie en moet ek heel­te­mal toe­ge­wy aan my werk wees.”

El­ke ma weet eg­ter hoe sleg dit is wan­neer jou kind ’n bie­tjie o­lik voel, hui­le­rig is of nie heel­te­mal ge­luk­kig is nie. ’n Mens be­kom­mer jou die he­le tyd oor hul­le.

“By die werk kan ek nie nood­wen­dig daar­aan dink of daar­oor won­der nie. As daar iets fout is, kan ek let­ter­lik niks daar­aan doen nie. Soms is ek nie net ver weg nie, maar heel­te­mal on­be­reik­baar.” Dit is waar­om Ina vir hul­le so­veel be­te­ken. Ge­luk­kig is daar groot voor­de­le aan haar be­roep.

“Par­ty­keer kom ek weer ’n he­le klomp dae ná me­kaar vroeg by die huis, of is ek ’n he­le paar dae ná me­kaar af en kan tyd saam met E­me­lie deur­bring.”

Sy be­vind haar ook sel­de in spits­ver­keer, wat nog tyd spaar.

“As ’n mens my ure tuis by­me­kaar­tel, is ek se­ker daar­van ek is meer as an­der wer­ken­de ma’s by die huis.”

Nog ’n voor­deel is dat E­me­lie saam met

haar mag vlieg, al is dit nou nie in die stuur­ka­juit nie.

DIE DRUK OP MA’S

So­si­a­le me­dia en Hol­ly­wood-ma’s laat dit so mak­lik lyk om ’n ma te wees dat ’n mens dink dis jou werk om al­les self te doen, sê I­re­ne.

“Dit skep ’n wan­in­druk van wat dit be­te­ken om ’n mens, vrou en ma te wees. Ons moet be­sef dat ma wees met uit­da­gings ge­paard­gaan en dat dit soms vir ons al­mal moei­lik is. Ons moet op­hou om ons­self te kri­ti­seer en te­kort­ko­min­ge by ons­self te soek.”

KOSBARE GESINSTYE

Ge­hal­te­tyd is baie be­lang­rik. “Dis ui­ter­aard soms vir ons moei­lik om saam te wees. Daar is tye dat ek en Mi­cha­el me­kaar we­ke lank by­na glad nie sien nie. Maar as ons al­mal by­me­kaar is, doen ons baie moei­te om al ons aan­dag aan E­me­lie te gee.

“Ons pro­beer om in die oom­blik saam met haar te wees. Ons ska­kel ons sel­fo­ne, ta­blet­te en die TV af en kui­er saam met me­kaar. Ek dink juis om­dat ons me­kaar so min sien, is ons meer be­wus van hoe spe­si­aal ons tye saam is en be­skou ons dit nooit as van­self­spre­kend nie.”

I­re­ne weet dis ’n groot voor­reg om te kan vlieg. “Daar is geen be­ter uit­sig in die he­le wê­reld as van 11 km in die lug af nie. Ons sien die mooi­ste sons­op­koms­te en sons­on­der­gan­ge, sneeu op die ber­ge en Ho­ë­veld-don­der­storms. Dis prent­jie­mooi. Dan is daar ook nog die ge­leent­heid om te reis, nu­we plek­ke te sien en nu­we men­se te ont­moet.”

Se­dert sy ’n ma is, is dit vir haar heer­lik om kin­ders se op­win­ding oor vlieg te be­leef. “Dit is jam­mer dat pas­sa­siers dees­dae deur vei­lig­heids­re­ëls ver­bied word om in die stuur­ka­juit te kom.”

Die on­ge­reel­de ure is wel nie al­tyd lek­ker nie. “Ek voel soms of ek E­me­lie se vor­de­ring en mylpale mis­loop. Ons is so dank­baar vir teg­no­lo­gie soos slim­fo­ne. Dit maak my so trots op haar as ek ’n fo­to van haar kry en sien sy kry skie­lik iets nuuts reg.” KOPSKUIWE

“Om my be­roep te be­oe­fen en ’n ma te wees, is nie mak­lik nie. Dit het baie uit­da­gings. Maar soos e­nig­iets in die le­we gaan dit oor wat jy daar­van maak en oor die be­wus­te­li­ke be­sluit om po­si­tief te wees.”

I­re­ne sê haar werk­ge­wer doen moei­te om haar te ak­kom­mo­deer. “Dit help ook dat my man my be­roep ten vol­le ver­staan.

“Ons fa­mi­lie en vrien­de on­der­steun ons en help dat ons steeds ons pas­sie kan uit­leef. Ek kan ma wees én werk son­der om een van die twee af te skeep.”

’n Ma en ’n vrou is ’n won­der­lik ge­ska­pe we­se, glo sy. “Haar kan­toor­deur is soms toe maar sy hou nooit op werk nie. ’n Ma kan ber­ge ver­sit as sy moet en 100 per­sent van haar­self gee. Wat ’n voor­reg is dit nie ...”

I­re­ne en Mi­cha­el Ey­bers is al­bei vlie­ë­niers wat soms lank van die huis af weg is, en is ook die ou­ers van klein E­me­lie (9 maan­de).

Wan­neer ma en pa ge­lyk tuis is, doen hul­le moei­te om as ’n ge­sin saam te kui­er, soos met hier­die strand- uit­stap­pie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.