Baba & Kleuter

Eet growwe kos

Jou baba sal nie lank in fyngemaakt­e kos belangstel nie. Volg ons raad vir meer opwindende keuses wanneer hy tussen agt en 10 maand oud is.

- BABA & KLEUTER

Toe jou baba begin eet het, het jy elke kossoort apart aangebied en dit baie fyn gemaak. Hy het gou geleer om daarvan te hou, maar begin nou verveeld raak met al die fyn happies wat per lepel in sy mond beland. Namate hy groei en ontwikkel, verander sy eetvermoë en voedingsbe­hoeftes en moet jy bybly deur die gepaste eetgoed te gee. Jou doelwit is immers om hom te leer om dieselfde kos as die res van die gesin te eet, en om dit sélf te doen.

Jou baba leer amper elke dag nuwe vaardighed­e by. Namate hy ontwikkel, sal hy kos wil hê wat sy sintuie stimuleer en ’n nuwe avontuur bied.

Teen sewe maande kan jy pap met verskillen­de geurkombin­asies bekendstel. Jy kan ook vrugte- en groentepur­ees met ’n growwer tekstuur begin meng vir ’n nuwe eetervarin­g waaraan jou baba kan smul.

Teen agt maande kan jou baba al gevorderde koubewegin­gs begin maak en kan hy selfs ’n tand of drie hê. Nou hoef alle kos nie meer so fyn soos daardie eerste happies te wees nie. Hy kan ook ’n stukkie kos of sy lepel vashou.

Jy kan jou baba se ontwikkeli­ng ’n hupstoot gee deur kos aan te bied wat hom nuwe vaardighed­e help leer.

Onthou net altyd die belangrike reël: Moet jou baba nooit sonder toesig laat eet nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa