Baba & Kleuter

Al die groot mylpale

Jou baba ontwikkel in sy eerste drie jaar teen ’n dolle vaart. Hier is wat jy kan verwag.

- DEUR MEG FAURE, ARBEIDSTER­APEUT EN MEDESKRYWE­R VAN DIE KOESTER JOU BABAREEKS

Die eerste drie lewensjare word as die heel belangriks­te in kinders se ontwikkeli­ng beskou. In hierdie tyd ontluik jou baba teen ’n geweldige pas: van ’n hulpelose pasgeboren­e wie se bewegings hoofsaakli­k deur reflekse gereguleer word tot ’n interaktie­we kleuter wat in sy eie wêreldjie koning kraai.

Tydens swangerska­p word ’n verbystere­nde 100 biljoen breinselle in jou baba se brein gevorm. Hierdie selle is met geboorte meestal nie verbind nie, maar oor die volgende 18 maande vorm verbinding­s teen ’n verbystere­nde spoed.

Hoekom is dit belangrik? Want dit is dié verbinding­s tussen die breinselle in die vroeë lewensjare wat die grondslag vorm van jou baba se volle latere ontwikkeli­ng.

Een van jou sleutelrol­le as ma is om sy ontwikkeli­ng te verstaan, jou baba te help om sy mylpale te haal en te leer hoe om sy wêreld baas te raak.

 ??  ?? 70
70
 ??  ?? 70
70
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa