Baba & Kleuter

JY WEET JY HET ’N VYFJARIGE AS…

-

• Jou naels stukkend is van al die Legoblokki­es uitmekaarh­aal. ’n Vyfjarige dink ook dis jou primêre doel in die lewe om sy Lego-blokkies te soek en hy beskou dit as ’n guns wat hy jou doen as jy saam met hom speel. • Jy moet debatteer oor hoe die tandemuis nou eintlik die geld by hom uitkry. Jou dogtertjie het tyd afgestaan om ’n kaartjie vir die muis te skryf, jou seuntjie werk uit hoe hy die geld na jou toe vervoer. Dra hy dit in sy mond? Het hy dalk ’n sakkie om sy lyf? Is daar twee muise wat mekaar help? • Jou seuntjie jul vasgesteld­e prys vir tande ignoreer en glo dat elke tand individuee­l beoordeel en volgens verdienste betaal moet word. • Jou kind sy eie speletjier­eëls maak en meen die doel van elke speletjie is dat hy wen. • Hy dink hy is snaakser as Trevor Noah en die woord “poep” of “boude” laat hom lê soos hy lag. • Hy jou aan Donald Trump laat dink. Elke keer as ek na Donald kyk, dink ek aan my kind. Hulle sê goed net om te kyk hoe kwaad hulle jou kan maak en vyf minute later kry jy die vetste soen en drukkie en staar hy jou met die grootste liefde aan. Jy vergewe alles wat hulle nou net gedoen het en dink aan jou ma se woorde: “Seuntjies moet toegesluit word tot hulle 30 jaar oud is.” ESTIE MEYER, KAAPSTAD, WES- KAAP ●

 ??  ?? Die vyfjarige Thomas Meyer en sy sussie, Mia (6).
Die vyfjarige Thomas Meyer en sy sussie, Mia (6).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa