DIT WIL GE­DOEN WEES!

Baba & Kleuter - - PRAAT SAAM -

Ek het ’n knop in my keel ge­kry toe ek El­bie van Zyl se brief ( Ba­ba&Keu­ter, Fe­bru­a­rie & Maart 2018) lees en ge­dink ek moet my s­to­rie ook met jul­le deel.

Op Sa­ter­dag 19 Au­gus­tus 2017 om 10:00 die og­gend ska­kel my dog­ter my om te sê dat my klein­dog­ter Chris­tel­le in kraam is. So vin­nig het jul­le ie­mand nog nooit sien pak en vlieg­tuig­kaart­jie en huur­mo­tor be­spreek nie. Om half­ses die aand land ek en my skoon­seun in Port E­li­za­beth. Ons jaag teen ’n hoë spoed deur Knys­na toe. Tien mi­nu­te voor klein Wi­an ge­bo­re is, om 19:35, hard­loop ek die kraam­saal bin­ne. Saam met my dog­ter het ons die won­der­li­ke voor­reg ge­had om my klein­dog­ter by te staan met klein Wi­an se ge­boor­te. Dan­kie aan Knys­na se pro­vin­si­a­le hos­pi­taal en sus­ter M­cC­le­an vir die won­der­li­ke en on­ver­geet­li­ke voor­reg. CHRISSIE SWART, KEMPTON PARK, GAU­TENG

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.