WAT MOET SY DRINK?

Baba & Kleuter - - DOSSIER BABA SE EERSTE KOS -

Ont­hou om min­stens die eer­ste jaar aan te hou bors­voed en doen dit ver­kies­lik tot sy twee jaar oud is. Wan­neer jou ba­ba be­gin eet, moet jy nie min­der melk gee nie – die kos is net by­ko­mend. Sy sal eers van se­we of agt maan­de af min­der melk be­gin drink.

Sy kan ook nou leer wa­ter drink. Gee klein hoe­veel­he­de ge­kook­te, af­ge­koel­de wa­ter. As sy dit nie wil drink nie, gaan net voort om dit met el­ke maal­tyd aan te bied. Aan­hou­er wen! ’n Klein bie­tjie borsmelk kan by­ge­voeg word om te help met aan­vaar­ding, maar moe­nie sui­ker of vrug­te­sap by­voeg nie.

Jou ba­ba het nie vrug­te­sap of rooi­bos­tee no­dig nie. Dit kan mak­lik die plek van die voe­ding­ry­ke melk in­neem of ver­oor­saak dat sy nie haar kos wil eet nie.

Ver­my ook koel­drank en di­eet­koel­drank – dit leer jou kind om soet dran­kies pleks van wa­ter te drink en kan la­te­re ge­sond­heids­pro­ble­me ver­oor­saak.

Ont­hou dat sy nie koei­melk voor haar eer­ste ver­jaar­dag mag drink nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.