Baba & Kleuter

SLAAPAFRIG­TER 3

Andalene Salvesen, Munchkins

-

VEREISTES Babas moet ouer as agt weke wees. Babas tussen drie en ses maande word geleer om self aan die slaap te raak met een “droomvoedi­ng” in die nag. Ouer babas leer deurnag slaap.

KONSULTASI­E Konsultasi­es vind by jou huis plaas en is een uur lank as dit slegs die ma insluit, en drie uur as dit die hele gesin behels. Konsultasi­es kan ook per Skype gedoen word. Tydens die konsultasi­e word die gesin se behoeftes bespreek en ouers word in goeie roetines en gewoontes onderrig. Die konsultasi­e vind gewoonlik tydens óf ’n dagslapie óf die aandroetin­e plaas sodat bystand verleen kan word. Die ouers word dan bemagtig om dié metode te herhaal wanneer hulle in die nag alleen is.

METODE Baba se kamer moet donker en koel wees terwyl musiek of witgeraas deurnag speel. Die baba kan in ’n slaapsak wees en in sy kot met sy slaapmaatj­ies: ’n fopspeen en ’n bersie of teddie.

Jonger babas Ná sy melkvoedin­g word die baba lomerig en half wakker in sy bed gesit. Bly by hom en as hy huil, luister na die soort huil. Los hom as dit net ’n gekerm is. As dit ’n wind is, tel hom op en vryf die wind uit. As dit ’n desperate gehuil is, tel hom dadelik op en kalmeer hom voor jy hom weer neersit.

Ouer babas Volg dieselfde benadering, maar gaan net by die kamer in as baba desperaat huil. Dis belangrik om tussen ’n gewone kermhuil en ’n desperate huil te leer onderskei. Jou baba moet nooit opgetel word as hy net kerm nie.

SUKSES Die meeste kinders raak ná twee aande op hul eie aan die slaap, maar by party kan dit tot vyf aande duur.

KOSTE Altesaam R1 200 vir ’n konsultasi­e van drie uur. Opvolgsess­ies kos dieselfde.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa