Baba & Kleuter

TAAL

- BABA & KLEUTER

Daar is so baie mylpale vir kognitiewe of verstandel­ike ontwikkeli­ng dat ons nie almal hier kan bespreek nie, maar daar is geen twyfel dat taalontwik­keling een van die belangriks­tes is nie. Taal maak die wêreld vir jou baba oop en is die grondslag van verbale intelligen­sie.

Die heel beste manier om kommunikas­ie (ook nieverbaal) en taalontwik­keling te verbeter, is deur heeltyd met jou baba te kommunikee­r. Navorsing het gewys dat geselserig­e ma’s slimmer kinders het bloot omdat hulle heeldag die taaldele van die brein stimuleer. Dit is goeie nuus as jy ’n babbelbek is! Jy kan daarom gerus moeite doen om alles wat jou baba sien en aanraak, te benoem en om vir jou baba en peuter boekies te lees.

WYS EN KYK

Net ná nege maande sal jou baba leer hoe om met gebare te kommunikee­r soos om na iets te wys. Wanneer jy self na iets wys, sal jou baba nie meer net na jou vinger kyk nie, maar die rigting van jou blik volg na dit waarna jy kyk.

TAALBEGRIP

Teen agt tot 10 maande oud sal jou baba begin om betekenis te koppel aan eenvoudige woordjies soos “nee”, “mamma” of die name van gesinslede.

PRAATVERMO­Ë

Teen een jaar oud sal jou baba al tot 70 woorde verstaan, maar die meeste babas sal net sowat ses woorde kan sê. Die verskil tussen jou kleinding se woordbegri­p en dit wat hy kan sê, is sowat vyf maande.

PASOP VIR SKERMTYD

Vertraagde taalontwik­keling is al regstreeks verbind met die hoeveelhei­d skermtyd waaraan kinders blootgeste­l word. Die aanbevelin­g is dus dat babas jonger as een jaar geen televisie-, rekenaar-, selfoon- of tablettyd moet kry nie.

WANNEER OM BEKOMMERD TE WORD

Jy hoef net bekommerd te word as jou baba ’n hele paar taalontwik­kelingsmyl­pale misloop. As hy onbewus lyk van geluide of van jongs af stadig reageer, is die eerste stap om gehoorprob­leme of gomoor uit te

skakel. ’n Besoek aan jou pediater of ’n oudioloog sal dié vraag beantwoord.

As jou baba taal goed verstaan en jou opdragte uitvoer, maar teen 18 maande nog nie praat nie, moet jy hom baie fyn dophou. Sommige babas se praatvaard­igheid ontplof en hulle vorder byna oornag van woordloosh­eid tot in sinne praat.

Dit is egter nie die norm nie – as jy dus bekommerd is, kan jy gerus die pediater raadpleeg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa