Baba & Kleuter

WENKE OM SKOOLSIEKT­E TE VOORKOM

-

• Help jou kind verstaan dat ’n mens baie keuses in die lewe het, maar dat skoolgaan nie een daarvan is nie. Dis iets wat elke mens moet deurloop. Moet dit net nie soos ’n straf laat klink nie. • Gesels gereeld met die klasonderw­yser sodat jy op hoogte is van haar vordering en van enige voorvalle by die skool. Jou kind sal dit dikwels moeilik vind om self te verduideli­k waar haar weerstand teen skool vandaan kom. • Sorg dat daar gemaklike kommunikas­ie tussen jou en jou kind is sodat jy gou kan agterkom as iets haar begin pla. • Moenie jou kind se negatiewe gevoelens afmaak as nietig nie. Sê: “Ek kan sien dat dit nie vir jou lekker is nie, maar kom ons werk daaraan sodat dit vir jou beter kan word.” • Versterk jou kind se emosionele intelligen­sie deur haar te help om haar emosies te eien en te hanteer. Fokus eerder op “Hoe voel jy?” as op “Hoekom voel jy so?” • Handhaaf self ’n positiewe gesindheid teenoor die skool en onderwyser­s. Moenie vertel hoe jy skool gehaat het of plannetjie­s bedink het om skoolwerk te ontduik nie! • Vra die hulp van ’n opvoedkund­ige sielkundig­e as die probleem voortduur of jy agterkom jou kind het leerproble­me. As sy nie hulp kry nie, kan sy haar naderhand van die leerproses afsluit en haar energie in iets anders soos aggressie omskakel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa