Baba & Kleuter

HELP JOU KIND SO

-

Die arbeidster­apeut Annemarie Lombard, skrywer van Sensoriese­Intelligen

sie, bied werksessie­s hieroor aan. Sy sê die volgende aktiwiteit­e sal jou kleinding se vestibulêr­e stelsel oefening gee.

’N BONSBAL Dis daardie lekker groot balle met oortjies waaraan jou kind kan vashou terwyl hy op en af wip.

ROLPRET Sny die bodem uit ’n kartondoos sodat jou kleinding se kop en arms bo uitsteek en die voete onder en laat hom teen ’n skuinste afrol. Jy kan hom ook in ’n groot handdoek toedraai.

HAMER-SPYKER Twee volwassene­s hou elkeen twee hoeke van ’n kombers vas en swaai die kind heen en weer.

’N SWAAI Moedig jou kleinding aan om op ’n skoppelmaa­i te swaai. As hy angstig voel, kies ’n lae swaai sodat sy voete aan die grond kan raak of hou hom op jou skoot vas.

RONDOMTALI­E Laat jou kind op die speelgrond­rondomtali­e draai of hang ’n buiteband aan ’n boom, wen dit op en laat hom daarin tol. ’n Kantoorsto­el wat in die rondte kan draai sal ook werk, maar hou dit binne perke.

GLYPLANK Laat hom met ’n glyplank afgly in sittende, lêende en kop- eerste posisies – alles waarvoor hy kans sien. FIETSIES, DRIEWIELE, SKAATSPLAN­KE EN SKOPFIETSE Dit help alles baie om kinders se balans sowel as hulle motoriese beplanning en koördinasi­e te verbeter.

’N WIPMAT OF TRAMPOLIEN Dis ’n uitstekend­e belegging. As jy nie een het nie, gooi ’n ou matras op die gras en laat jou kind daarop spring.

ONSTABIELE OPPERVLAKK­E Laat hom gereeld op onstabiele oppervlakk­e loop soos ’n sanderige strand, die bruggie op die klimraam, ’n groot grasperk of ’n klipperige paadjie. Dit vereis dat jou kleinding sy lyfie aanpas namate hy beweeg.

WIEG Wieg jou kind op jou skoot of heup. Skaf ’n skommelper­djie of wiegstoel aan as hy te groot word.

WIPPLANK RY Jy kan ook jou kind help om van die een kant na die ander te loop en in die middel te balanseer sodra hy ’n bietjie ouer is. Of laat hom op ’n lae muurtjie loop.

SITBAL Laat jou japsnoet op ’n bal van 30 tot 40 cm in deursnee sit terwyl hy televisie kyk of na ’n storie luister. Die bal moet groot genoeg wees dat jou kind met sy knieë teen ’n hoek van 90 grade sit en met sy voete plat op die vloer. Hy kan ook op ’n groter oefenbal rol, sit of wip.

TRAPPIES Laat hom waar moontlik trappies op en af klim en met hysbakke en roltrappe op en af ry.

PRETPARK Gaan saam pretpark toe en geniet al die verskillen­de ritte!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa