Baba & Kleuter

ANDER SIEKTES

- ’ N PA AR FEITE SIMPTOME

Covid-19 oorheers die nuus; dis te verstane. Allerhande gesondheid­sorganisas­ies waarsku egter dat lande nie kan slaplê met die voorkoming en behandelin­g van ander siektes nie. Wanneer inentingsk­edules nie nagekom word nie, kan dit later in die jaar grootskeep­se infeksies tot gevolg hê, waarsku die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie ( WGO). Uit navorsing by die Johns Hopkins- universite­it in Amerika blyk dit dat tot ’n miljoen vroue en kinders in lae- en middelinko­mstelande binne die volgende ses maande kan sterf omdat die pandemie roetine- gesondheid­sorg ontwrig het. Die gevare sluit in dat voorbehoed­ing nie beskikbaar is nie en dat voorgeboor­te- en nageboorte­sorg asook inentings ontwrig word. Toegang tot toerusting, voorraad en personeel word ook gekniehalt­er. ’n Styging in malaria- en maselsgeva­lle word verwag. Boodskap aan ons lesers: Moenie dat die pandemie jou laat vergeet van jou kind se gewone inentings nie. Dis nou belangrike­r as ooit.

Breinvlies­ontsteking is seldsaam, maar dit kan ’n lewe binne 24 uur eis. Veral babas jonger as 12 maande en tieners val in die risiko-groep vir dié gevaarlike siekte, wat selfs met behandelin­g tot permanente breinskade kan lei. Inenting is die heel beste manier om jou gesin te beskerm.

Dit kom meestal tussen Mei en Oktober voor. Die gemiddelde voorkoms die afgelope dekade in die hele bevolking was 1 uit 100 000, maar onder babas is dit 8 uit

100 000. Tot ’n kwart van tieners is draers van die siekte.

Stywe nek, hoë koors, sensitiwit­eit vir lig, hoofpyn en braking. Lees ook meer daaroor in die gids wat saam met hierdie

versprei word.

Praat met jou apteker oor inentings vir die hele gesin.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa