Baba & Kleuter

TRIMESTER 2: DIE BOONTJIE ONTKIEM

-

As jy tot dusver geheimsinn­ig oor die komende baba was, kan jy gerus die nuus begin deel, want jy begin nou wys. Baie swanger vroue beskou die tweede trimester as die lekkerste deel van swangerska­p.

Die fetus betree nou ’n vinnige groeifase en is meer aktief. Maar moenie bekommerd wees as jy nog niks voel nie: Week 13 is eintlik nog baie vroeg om beweging te voel.

Jou baba kan al frons, skewemond trek en effens loer. Hy het ook al ’n handgreep. Hy begin suig en sluk, trek vrugwater in sy longe in en stoot dit weer uit. Die res van die organe is steeds besig om te ontwikkel en hy kan urineer. Sy kop groei nou nie meer so vinnig nie, sodat die res van die lyf proporsion­eel begin inhaal.

Die weefsel wat later die beendere word, begin ontwikkel. ’n Goeie ultraklank-operateur sal baba se geslag kan uitwys. Die skelet begin nou vorm en die fetus lyk ál meer soos ’n mensie. Die fetus weeg omtrent 45 g en is byna 8,5 cm lank.

Die fetus se bewegings is heelwat meer gekoördine­erd en spesifiek. Die stembande ontwikkel en smaakknopp­ies vorm op die tong. Die vel is nog deursigtig en ’n mens kan die bloedvaatj­ies daardeur sien. Fyn, sagte haartjies (lanugo) begin op die vel ontwikkel. Die lanugo beskerm die fetus teen die vrugwater en teen temperatuu­rskommelin­gs.

Die drie klein beentjies in baba se middeloor het begin verhard, maar die gehoorsenu­wees in sy brein het nog nie ontwikkel nie en hy kan dus nie uitmaak wat jy sê nie.

Baba se ruimte raak meer beknop sodat jy dalk al die gefladder van sy bewegings voel.

Die skildklier het reeds hormone begin vervaardig en by seuntjies ontwikkel die prostaatkl­ier verder. Dogtertjie­s se eierstokke begin van die maag na die bekken beweeg.

Jou baba kan sy nek en kop meer regop hou. Sy hart pomp sowat 22 liter bloed per dag en sy hartklop is tussen 120 en 160 slae per minuut.

Baba weeg sowat 110 g en is sowat 11,5 cm lank.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa