S­wa­zi­land be­plan eie ha­we, al het hy nie see

Beeld - - Front Page - – Han­lie Gouws

S­wa­zi­land sal nie toe­laat dat die feit dat hy geen kus­lyn het in die pad van sy eie ha­we staan nie.

Ti­mes of S­wa­zi­land het be­rig plan­ne is goed op dreef om 30 mil­jard li­lan­ge­ni (R30 mil­joen) te be­lê in die bou van ’n ha­we by Mla­wu­la.

Dié ne­der­set­ting is meer as 100 km van die naas­te see­wa­ter (die Ma­pu­to-ha­we) in ’n na­tuur­re­ser­vaat aan die voet van ’n heu­wel, tus­sen 164 m en 280 m bo see­vlak.

Twee plaas­li­ke sa­ke­man­ne – Mo­ses Mot­sa, glo ’n mil­jar­dêr wat on­der meer ho­tel­le in K­waZu­lu-Na­tal be­sit, en Mark An­dra­de, ’n sa­ke­mag­naat – re­ken dat hul­le ’n ka­naal van 26 km lank en 20 m breed kan gra­we om vrag­ske­pe tot by die be­oog­de ha­we te kry, “tot vier op ’n slag”, het die Ti­mes be­rig. Die ha­we sal tus­sen 15 ha en 20 ha be­slaan.

Hul­le het die ka­bi­net reeds aan hul kant en re­ken die pro­jek sal ’n groot in­spui­ting vir die S­wa­zi­e­ko­no­mie wees.

Twak, sê ’n voor­ste Suid-A­fri­kaan­se ma­ri­tie­me ken­ner. “Dis nie le­wens­vat­baar nie. Ie­mand se ver­beel­ding het met hom op loop ge­sit,” sê kapt. Ok­ke Gra­pow. “Dis ’n reu­se-pro­jek om aan te pak en R30 mil­joen sal nie naas­ten­by ge­noeg wees nie.”

Om die wa­ter oor die bult tot in die ha­we te kry en te keer dat dit te­rug­loop see toe sal slui­se oor on­ge­veer 300 m van die ka­naal no­dig wees.

Die ver­gro­ting van die Pa­na­ma-ka­naal het on­ge­veer $5,25 mil­jard (so­wat R69 mil­jard) ge­kos.

Die Ti­mes het be­rig die S­wa­zi­re­ge­ring sal nou met Mo­sam­biek be­gin on­der­han­del oor toe­stem­ming om die ka­naal te gra­we.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.