Tie­ner­seun sterf ná ro­wer­skoot

Vyf oor­val ge­sin in hul huis op hoe­we

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­ Ma­rié Ver­sluis

‘Ek gaan nou dood­gaan.”

Die 17-ja­ri­ge Ke­a­nu Ba­den­horst is net ná dié woor­de op die sit­ka­mer­vloer dood na­dat ’n ro­wer hom in die sy ge­skiet het, het sy ma, Le­la­nie Storm (41), Don­der­dag met rooi­ge­huil­de oë ge­sê.

Die ge­sin is Don­der­dag kort ná 01:00 in hul huis op hul hoe­we in Wel­be­kend, oos van P­re­to­ria, deur vyf ro­wers oor­val.

Die ro­wers het by Ke­a­nu se klein bad­ka­mer­ven­ster in­ge­klim.

Ke­a­nu was ’n kel­ner by The G­rub­fat­her, ’n re­stau­rant by die Mooi­kloof Vil­la­ge-sen­trum na­by sy ou­er­huis.

Vol­gens Storm het haar seun om­streeks mid­der­nag van die re­stau­rant af ge­kom.

“Ons het kof­fie ge­drink en hy het iet­sie ge­ëet. Ek het so 01:00 gaan slaap.

“Ek het toe ructi­ons in die huis ge­hoor, maar ge­dink dis Ke­a­nu wat ’n bie­tjie raas. My dog­ter het ook ‘Shut up!’ uit haar ka­mer ge­roep.”

Storm het ge­sê ’n ro­wer het haar ka­mer­deur oop­ge­skop en haar in die sit­ka­mer gaan “neer­gooi”.

Ke­a­nu het na­by die voor­deur ge­lê. Hy was reeds ge­skiet.

Le­an­dri Storm (11), haar dog­ter, is ook uit haar ka­mer gaan haal en al drie se han­de is met ka­bel­bin- ders vas­ge­bind.

Ke­a­nu het ge­sê hy kry nie a­sem nie.

Le­la­nie het ge­sê ’n ro­wer, wie se a­sem na bran­de­wyn ge­ruik het, het sy hand op haar been ge­sit. Sy het ge­dink hy gaan haar ver­krag.

“Ek het hard ge­roep: ‘He­re, help my!’ ”

Die man het toe sy hand van haar been af­ge­haal.

Die ro­wers het die ge­sin se dub- bel­ka­juit-Ma­hin­dra-bak­kie vol­ge­laai en is om­streeks 02:00 daar weg.

Le­an­dri het haar­self los­ge­wik­kel en haar ma se ka­bel­bin­ders af­ge­sny.

“Ek het Ke­a­nu pro­beer op­tel, maar ek kon nie,” het Le­la­nie ge­sê.

Hy het weer ge­sê hy kry nie a­sem nie.

Sy laas­te woor­de was: “Ek gaan nou dood­gaan.”

Jo­han­na Vor­ster, Ke­a­nu se ou­ma wat in ’n an­der huis op die hoe­we woon, het op Fa­ce­book ge­sê Le­la­nie het haar net ná 02:00 kom wak­ker klop. Le­la­nie en Le­an­dri was his­te­ries. “Ag he­mel, ek weet nie wat gaan ons son­der hom (Ke­a­nu) doen nie. Hul­le (die po­li­sie) het sy lyk weg­ge­neem na Bronk­horst­spruit na die fo­ren­sie­se af­de­ling toe. Ag he­mel, hoe gaan ons hier­deur kom? Bid as­se­blief vir ons, ons het dit so no­dig.”

Kapt. Ma­ris­sa van der Mer­we, po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê die bak­kie, wat ’n op­spo­rings­toe­stel ge­had het, is in Ma­me­lo­di ge­vind.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Le­la­nie Storm (41) wys in haar sy waar haar seun, Ke­a­nu Ba­den­horst (17), ge­skiet is toe vyf ro­wers hul­le in hul huis oor­val het.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Mu­to­pa en S­mit is ge­skok oor Ke­a­nu (17, op die fo­to), ’n kel­ner by The G­rub­fat­her, se skiet­dood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.