‘Hoe skiet jy ’n 17­ja­ri­ge?’

Beeld - - Nuus -

“Hy was 17. Hoe skiet jy ’n kind? Dis belag­lik.”

So het Mi­chel­le S­mit, be­stuur­der van die re­stau­rant The G­rub­fat­her in Mooi­kloof, P­re­to­ria, Don­der­dag in on­ge­loof ge­sê oor die moord op Ke­a­nu Ba­den­horst. Ke­a­nu was ’n kel­ner daar. Ke­a­nu het min­der as ’n maand daar ge­werk en vin­nig ge­wild ge­word by me­de­kel­ners en klan­te.

“Ke­a­nu was baie ge­sel­se­rig, le­wen­dig en e­ner­giek, soos ’n E­ner­gi­ zer bun­ny.”

Sy het ge­sê Ke­a­nu het nie tus­sen die kom­buis en die ta­fels ge­loop nie. “Hy het tus­sen­in ge­bons.”

Hy het goed met al­mal oor die weg ge­kom.

Vol­gens S­mit het Ke­a­nu baie oor sy sus­sie en sy ma by die werk ge­praat. Hy was baie be­sker­mend teen­oor sy sus­sie.

Die re­stau­rant­per­so­neel is ge­skok oor sy dood. “Dit voel sur­re­a­lis­ties,” het S­mit ge­sê.

Fo­to: DEAAN VIVIER

Vin­cent Mu­to­pa en Mi­chel­le S­mit, be­stuur­ders van The G­rub­fat­her­re­stau­rant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.