Heinz S­chenk se span

Beeld - - Nuus -

E­ni­ge rug­by­on­der­steu­ner hoop ’n Wê­reld­be­ker­toer­nooi is ’n aan­trek­li­ke skou­spel en daar­om bou ons lug­kas­te­le.

Ek is, by tye tot my spyt, nie ’n ro­man­tie­se sport­ky­ker nie.

Die ge­skie­de­nis het my ge­leer Wê­reld­be­kers word ver­o­wer deur span­ne wat hul fou­te tot ’n mi­ni­mum be­perk en teen­stan­ders s’n mee­do­ën­loos uit­buit. Kort­weg, teen­aan­val­len­de rug­by maak van jou ’n wê­reld­kam­pi­oen. Daar­om is daar ’n aan­sien­li­ke aan­tal ve­te­ra­ne in my groep. Hul­le kan die druk van ’n Wê­reld­be­ker­toer­nooi han­teer.

Za­ne Ki­rch­ner is waar­de­vol­ler in so ’n toer­nooi as ’n Wil­lie le Roux om­dat hy sel­de ’n swak ver­to­ning le­wer.

Die on­se­ker­heid oor Je­an de Vil­liers en Fou­rie du P­reez is nie die moei­te werd nie. Ek kies ook eer­der C­heslin Kol­be bo Le Roux, want hy het die X­faktor en kan dit met be­sten­dig­heid kom­bi­neer. S­car­ra N­tu­be­ni ver­teen­woor­dig ’n blik op die toe­koms. My WB­groep: Heel­ag­ters: Za­ne Ki­rch­ner, C­heslin Kol­be. Vleu­els: L­wa­zi M­vo­vo, Bry­an Ha­ba­na, JP Pie­ter­sen. Sen­ters: Da­mi­an de Al­len­de, Jes­se K­riel, Li­o­nel Ma­poe. Los­ska­kels: Pat Lam­bie, Han­dré Pol­lard. Skrum­ska­kels: Ru­an Pie­naar, Fran­cois Hou­gaard, Faf de K­lerk. Los­voor­spe­lers: Du­a­ne Ver­meu­len, S­chalk Bur­ger, Mar­cell Coet­zee, Pie­ter­-S­te­ph du Toit, Fran­cois Louw. Slot­te: Vic­tor Mat­field, Lood de Ja­ger, E­ben Et­ze­beth, Flip van der Mer­we. Stut­te: Jan­nie du P­les­sis, Be­ast M­ta­wa­ri­ra, T­re­vor Ny­a­ka­ne, Mar­cel van der Mer­we, Ju­li­an Re­de­ling­huys. Ha­kers: Bis­marck du P­les­sis, A­dri­aan S­trauss, S­car­ra N­tu­be­ni.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.