‘Re­ge­ring sal hof­be­ve­le ge­hoor­saam’

Mo­goeng vra bre­ër, die­per ge­sprek

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Pres. Ja­cob Zu­ma het die on­der­ne­ming ge­gee dat die re­ge­ring voort­aan hof­be­ve­le sal re­spek­teer en daar­aan ge­hoor sal gee.

Zu­ma, wat Don­der­dag die ver­ga­de­ring tus­sen die reg­bank en die re­ge­ring – die heel eer­ste in die de­mo­kra­tie­se be­stel – ge­lei het, het ge­sê die in­ter­ak­sie tus­sen die reg­bank en die uit­voe­ren­de ge­sag kan net die grond­wet­li­ke de­mo­kra­sie ver­be­ter.

“Die uit­voe­ren­de ge­sag en die reg­bank het ook elk hul ver­bin­te­nis her­be­ves­tig tot die on­af­hank­lik­heid van die reg­bank, die op­per­ge­sag van die reg en die skei­ding van mag­te, wat al­les ons grond­wet­li­ke de­mo­kra­sie be­klem­toon,” het hy ge­sê.

“Ons het ons kom­mer oor ’n aan­tal kwes­sies ge­lug, wat stel­lings in­sluit wat deur al­bei kan­te in die o­pen­baar ge­maak is wat die in­te­gri­teit van al­bei in twy­fel bring.”

Die stryd­byl is voor­lo­pig be­gra­we.

Hoof­reg­ter Mo­goeng Mo­goeng het Suid-A­fri­ka Don­der­dag­aand die ver­se­ke­ring ge­gee dat die reg­bank nóóit sy grond­wet­li­ke plig om die Grond­wet en die reg te in­ter­pre­teer, ver­saak nie. En “dit sal nooit ver­an­der nie”.

Mo­goeng het die ver­ga­de­ring in Ju­lie aan­ge­vra na­dat aan­val­le en o­pen­ba­re kri­tiek op die reg­bank uit ver­al ANC- en SAKP-ge­le­de­re ’n hoog­te­punt ná die O­mar al-Ba­sjir-sa­ge be­reik het.

Al­bei par­tye was dit eens dat die o­pen­ba­re span­ning tus­sen dié twee arms van die re­ge­ring Suid-A­fri­ka nie in ’n grond­wet­li­ke kri­sis ge­dom­pel het nie.

Mo­goeng het ge­sê die reg­bank is nie ar­ro­gant teen­oor kri­tiek nie, maar ge­kant teen die ma­nier waar­op hy ge­kri­ti­seer word.

Vol­gens die hoof­reg­ter is ’n veel bre­ër en die­per ge­sprek as Don­der­dag s’n no­dig om hier­die kwes­sies op te los.

“Ons sal dus net be­voor­deel kan word deur die kon­struk­tie­we me­nings van an­der re­ge- rings­arms, so­wel as kon­struk­tie­we kri­tiek van die me­dia en a­ka­de­mi­ci.

“Ons dink nie ons oor­skry ons mag­te nie, maar daar is voor die hand lig­gend diep­ge­wor­tel­de kom­mer oor die ma­nier waar­op ons kwes­sies oor die skei­ding van mag­te han­teer en die diep­gaan­de les van van­dag (Don­der­dag) is dat jy nie ’n be­ter per­soon en in­stel­ling kan word as jy jou­self nie oop­maak vir die wys­heid van an­der nie, of jy daar­mee saam­stem of nie.”

Mo­goeng het ’n grond­wet­li­ke kri­sis in Suid-A­fri­ka weens die span­ning tus­sen die reg­bank en die re­ge­ring ont­ken.

“Al wat ons sien, is ’n oom­blik vir diep na­den­ke, wre­de self­on­der­soek en in­sti­tu­si­o­ne­le on­der­soek.”

Fo­to: ELMOND JIYANE, GCIS

Pres. Ja­cob Zu­ma en hoof­reg­ter Mo­goeng Mo­goeng spreek Don­der­dag in die U­nie­ge­bou in P­re­to­ria die me­dia toe na­dat die reg­bank en die re­ge­ring ver­ga­der het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.