Reis na VSA kos R593 516,18 – ‘maar dit is net ’n skat­ting’

Beeld - - Nuus - Jan Ger­ber

Kaapstad. – Kra­le­werk, be­kers waar­op bok­kies ge­verf is en kus­sin­kies wat met spring­bok­vel oor­ge­trek is.

Dit is van die goe­de­re waar­na Faith Mut­ham­bi, mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie, in Ju­lie in die VSA gaan kyk het. Haar reis het net ’n raps min­der as R600 000 ge­kos, of net meer as R300 000 – af­han­gen­de van wat­ter een van Mut­ham­bi se ant­woor­de jy glo.

In ant­woord op ’n par­le­men­tê­re vraag van Gavin Da­vis, DALP, het Mut­ham­bi ge­sê ’n reis wat sy en drie amp­te­na­re in Ju­lie na die At­lan­ta Li­fe­sty­le Hub-mark en die San­ta Fe Folk Art Fes­ti­val on­der­neem het, het R593 516,18 ge­kos.

Na­dat Da­vis die uit­ga­we in ’n ver­kla­ring ver­oor­deel het, het Mis­hack Mo­la­keng, Mut­ham­bi se woord­voer­der, ge­sê die be­drag in die par­le­men­tê­re ant­woord is net ’n skat­ting.

“Die fak­tu­re wat die de­par­te­ment be­taal het vir reis­ver­wan­te kos­te, waar­by aan­slui­tings­vlug­te in die VSA in­ge­sluit is, be­loop R305 327 vir die af­vaar­di­ging,” het Mo­la­keng ge­sê.

Hier­op het Da­vis ge­re­a­geer: “As ons nie ’n mi­nis­ter se ant- woord op ’n par­le­men­tê­re vraag kan glo nie, wat kán ons glo?”

Die par­le­men­tê­re ant­woord be­vat ’n ly­sie van al die uit­ga­wes, van ver­blyf, grond­ver­voer en vlug­te tot diens­fooi­tjies en ’n reis­toe­lae. In Mut­ham­bi se ge­val is BBP-han­te­rings­geld op lug­ha­wens ook in­ge­re­ken. Die par­le­men­tê­re ant­woord noem nie dat die be­drae net skat­tings is nie.

Mut­ham­bi se ver­blyf­kos­te is by­na twee keer meer as wat dit was vir elk van haar die amp­te­na­re was. Die vraag hoe­kom dit so is, is nie be­ant­woord nie.

Die South A­fri­can Li­fe­sty­le Hub, wat el­ke paar maan­de ’n mark hou sê op sy web­blad hy ver­teen­woor­dig van die ta­lent­vol­ste kuns­te­naars en ont­wer­pers in Suid-A­fri­ka wat nie an­der­sins toe­gang tot die A­me­ri­kaan­se mark sou ge­had het nie.

Die San­ta Fe Folk Art Fes­ti­val bring lui­dens ’n ver­kla­ring jaar­liks so­wat 150 kuns­te­naars van 57 lan­de by­een om hul tra­di­si­o­ne­le wa­re te ver­koop.

“Dié twee ge­beur­te­nis­se het baie min met die mi­nis­ter se man­daat te doen. Sy moet eer­der op haar por­te­feul­je fo­kus,” het Da­vis ge­sê.

E­li­za­beth T­ha­bethe, ad­junk­mi­nis­ter van klein sa­ke, het Mut­ham­bi op die reis ge­nooi.

“Die de­par­te­ment van kom­mu­ni­ka­sie het ’n man­daat om die ont­wik­ke­ling van kre­a­tie­we be­dry­we te on­der­steun,” het Mo­la­keng ge­sê.

Mut­ham­bi het ge­sê: “Ons be­no­dig stra­te­gieë vir uit­saai-in­houd. Ons gaan bin­ne­kort ver­skeie ka­na­le hê . . . en die ont­moe­tings . . . in At­lan­ta baan die weg vir sa­me­wer­king.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.